Is ‘geestesongesteldheid’ die nuwe dekmantel vir terreur?

Is “geestesongesteldheid” die nuwe dekmantel waaronder djihadistiese aanvalle op die Weste geregverdig word?

Dit lyk beslis só.

Die jongste “geestelik onstabiele” jong man om ‘n oënskynlik arbitrêre aanval op ongewapende burgerlikes te loods was Zakaria Bulhan, ‘n 19-jarige Somaliese Moslem (foto bo).

Hy het op die ouderdom van 5 in Noorweë aangekom en was glo ‘n “geïntegreerde” lid van die samelewing. Bulhan het ‘n Amerikaanse vrou in Londen met ‘n mes doodgesteek Woensdag in ‘n besige park gevul met toeriste.

Daarna het hy nog vyf ander beseer in die steekaanval voordat hy in hegtenis geneem is.

Owerhede het djihadterreur weer eens toegeskryf aan geestesongesteldheid soos by reeds verskeie sulke geleenthede.

In die Verenigde State van Amerika is soortgelyke aanvalle in Orlando, San Bernardino en Chattanooga uitgevoer en het die polisie eers weke of selfs maande daarna erken dit was terreur, wanneer mense nie meer aandag skenk aan die voorvalle nie.

Die polisie trek dan stilletjies hul vorige verklarings terug en erken dit was ‘n terroriste-aanval.

In Nice is die man wat in die skare van veral kinders ingejaag het, ook as ‘n mal mens beskryf, maar “boos” en “fanaties” sou meer gepas gewees het.

In die geval van die Chattanooga-aanval het dit die FBI vyf maande geneem om te besluit dat Mohammed Youssef Abdulazeez inderdaad ‘n djihadis was en nie net ‘n “geestelik versteurde” jong man wat skielik, sommer uit die bloute, vyf ongewapende Amerikaanse dienspligtiges vermoor het nie.

Owerhede moet hulself liewer begin vra waarom so baie geestelike siek mense Islamitiese geweld omhels. En wat gaan Obama en Europese leiers doen omtrent hierdie vreemde epidemie van geestesongesteldheid onder Moslems?

Die Noorweegse Somaliër het byvoorbeeld ‘n diep belangstelling in Islamitiese teologie gehad, het die Independent berig.

Tog bly die Britse polisie verbaas dat die aanvalle iets met Islam te make kan hê. Hulle sê hulle gaan voort met ‘n “ondersoek oor die motiewe” vir die aanval.

Scotland Yard se eerste impuls Woensdag was om te sê die naamlose aanvaller is “geestelik onstabiel”, ‘n storie wat wyd berig is oor die hele Europa en op elke groot TV-netwerk in die Verenigde State van Amerika.

Dit neem klaarblyklik baie langer om terreurmotiewe te ondersoek wat reg onder hul neuse lê, as ingewikkelde geestesversteurings.

Dit terwyl die 64-jarige Diane Horton doodgebloei het in Londen se Russell Square en die ander beseerdes, ‘n Amerikaanse man, Australiese man en vrou, en twee Britte, die niksvermoedende slagoffers was.

Teen die tyd dat die Britse owerhede Bulhan se naam Vrydag vrygestel het saam met die feit dat hy ‘n Moslem is, was die media-aandag weer afgelei deur ander onderwerpe van belang, soos die opening van die Olimpiese Spele en Donald Trump se nuutste “veldtogfout”.

En nie net was Bulhan ‘n Moslem nie, maar ‘n “toegewyde” een, volgens sy beste vriende, wat hom vir sewe jaar al geken het.

Een het aan die Daily Mail gesê hy geen bewyse van geestesongesteldheid by Bulhan ooit opgemerk nie.

Dylan Roof, wat swart Amerikaners in ‘n kerk in Charleston in die VSA afgemaai het, was egter volgens owerhede nie geestesversteurd nie, maar ‘n “wit nasionalis”.

Roof het Suboxone gebruik vir sy dwelmafhanklikheid, ‘n middel wat glo dikwels tot uitbarstings van woede lei.

Maar ‘n Imam wat daarvan beskuldig is dat hy aktief lede werf om godsdiensgeweld te pleeg, hoef nie ‘n elektroniese moniteringsband te dra nie omdat dit sy “menseregte” skend, het ‘n Britse hof onlangs bevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.