VSA erken dat ISIS uitbrei

Deel op

Ná die VSA Dinsdag nog lugaanvalle teen ISIS-teikens in Libië van stapel gestuur het – ‘n uitbreiding van Amerikaanse militêre operasies buite Irak en Sirië – het NBC News ‘n kaart van die globale uitbreiding van die terreurgroep bekom.

Die kaart is deel van ‘n geklassifiseerde inligtingstuk wat deur die Withuis ontvang opgedateer is vir “Augustus 2016” en wat voorberei is deur die Nasionale Teenterrorisme Sentrum.

Dit toon ‘n drie-voudige toename in die aantal plekke rondom die wêreld waar ISIS werksaam is.

Die VSA se departement van buitelandse sake het dokumente wat aandui dat in 2014, toe die Amerikaanse militêre veldtog teen die ekstremiste begin het, was daar net sewe lande waarin die terroriste aktief was.

Teen 2015, volgens die State Department se eie beramings, was dit reeds byna dubbel, met 13 lande.

Die huidige inligtingsessiekaart toon 18 lande waar ISIS ten volle operasioneel is. Die kaart vertoon ook ‘n nuwe kategorie – “aspiranttakke” – en ‘n lys van ses lande waar hulle wortel skiet, naamlik Egipte, Indonesië, Mali, die Filippyne, Somalië en Bangladesj.

Die VSA was suksesvol in die aanval op die “ISIS-kern” in Irak en Sirië, maar die “hittekaart” is waarskynlik ‘n baie groter een as al die aspirerende gebiede gewys word waar ISIS graag verder wil uitbrei en reeds terroriste-aanvalle uitgevoer het, sê ontleders.

“Dit is regverdig om te sê dat die hele ruimte tot stryd uitbrei vir ISIS,” het een NBC-ontleder bygevoeg.

In ‘n verkiesingsjaar waarin die stryd teen terreur ‘n fokuspunt is, erken selfs die Amerikaanse regering dat die slagveld al hoe groter raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.