Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

Deel op

‘n Vliegtuig van die Emirates-lugdiens moes ‘n noodlanding moes uitvoer op die Doebaai-lughawe.

Die 282 passasiers en 18 bemanningslede is ongedeerd.

Daar was glo ‘n Suid-Afrikaner aan boord van die vlug. ‘n Dik, swart rookwolk was sigbaar bo die gestrande vliegtuig op foto’s wat op sosiale media versprei is.

Volgens ‘n verklaring van die lugdiens was vlug EK521 op pad van Thiruvananthapuram in Indië na Doebaai, maar moes om 10:00 Woensdag ‘n noodlanding uitvoer nadat ‘n brand aan boord ontstaan het.

“Ons is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie,” lui die verklaring.

“Emirates kan bevestig dat alle passasiers en bemanningslede veilig is,” het die lugdiens getwiet, maar die voorval sal glo wye vertragings veroorsaak.

Die Doebaaise lughawe het getwiet dat alle vlugte deur die voorval geraak is en tot verdere kennisgewing vertraag sal wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.