Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

Deel op

Duitsland het Turkye se dreigement om nie sy woord gestand te doen oor die omstrede ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, verwerp.

Turkye het onderneem om die vloei van migrante na die EU te stop. Nou eis Turkye visumvrye toegang na die EU teen Oktober.

Gevra of Turkye die EU kon “afpers” oor die ­vlugteling-ooreenkoms, het Duitsland se minister van buitelandse sake, Frank-Walter­ Steinmeier,­ aan die koerant Rheinische­ Post gesê: “Dit is absurd.”

“Die feit is dat voorwaardes vir die visumvrye beleid geld, en dit is aan almal bekend,” het hy gesê.

“Turkye het onderneem om sy deel van die ooreenkoms na te kom. Dit is nog nie die geval nie en Turkye het nog werk om te doen.”

Die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlut Cavusoglu, het in ’n onderhoud met die Duitse dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung gesê Ankara kan onttrek aan die ooreenkoms indien die EU Turke nie teen Oktober toelaat om sonder visums na die EU te reis nie.

Duitsland se visekanselier, Sigmar Gabriel, het teruggekap en gesê: “Nie Duitsland of Europa mag toelaat dat hulle af­gepers word” deur Turkye oor die migrante-ooreenkoms nie.

Turkye en die EU het die omstrede ooreenkoms in Maart onderteken waarin Ankara ooreen­gekom het om Siriese vlugtelinge wat op Griekse eilande aangekom het, terug te neem in ruil vir politieke­ en finansiële aan­sporingsmaatreëls.

Kanselier Angela Merkel het die leiding met die ooreenkoms met Ankara geneem nadat Duitsland verlede jaar ’n rekordaantal migrante en vlugtelinge, ongeveer 2 miljoen ingeneem het.

Benewens visumvrye reise, sluit die ooreenkoms miljarde euro’s in bystand en versnelde same­sprekings oor Turkye se aansoek om lidmaatskap van die EU in.

Betrekkinge is egter gespanne sedert pres. Recep Tayyip Erdogan se strawwe optrede teen ­vermeende same­sweerders ná verlede maand se mislukte staatsgreep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.