ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Deel op

Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat (ISIS) in die stad geteiken het.

Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte die lewens van vyf soldate geëis het. Sewentien ander is gewond.

Die regering in Tripoli het in Mei ‘n operasie van stapel gestuur om Sirte te herower, wat sedert Junie 2015 deur die djihadiste beheer word.

Die val van die kusstad, ongeveer 450 kilometer oos van Tripoli, sal ‘n reuseslag vir ISIS wees, wat ook terugslae in Sirië en Irak beleef.

Maandag het die hoof van die eenheidsregering, Fayez al-Sarraj, pro-regeringsmagte in Misrata, 190 kilometer noordwes van Sirte, besoek.

Meer as 300 lede van die pro-regeringsmag is reeds dood en meer as 1 500 gewond sedert die aanvang van die stryd om die herowering van Sirte.

Die magte bestaan grootliks uit milisies van die weste van Libië, Hulle het in 2011 tot stand gekom tydens die opstand wat die bewind van die diktator, Moeammar Ghaddafi, omvergewerp het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.