Stellenbosse meisieskool verkoop skilderye om geld in te samel

Deel op

Image

Plakkaat van Bonhams met Laubser-skildery

Drie waardevolle skilderye wat aan een van Stellenbosch se topskole, Hoërmeisieskool Bloemhof, behoort, gaan in Londen op 'n veiling verkoop word, deels om onderwysers te help om die dorp se hoë eiendomspryse te bowe te kom.

Die skilderye gaan op 18 Februarie deur die Londense veilingmaatskappy Bonhams verkoop word en behoort na raming sowat R2,9 miljoen tot R4,4 miljoen te haal, volgens Bonhams se skattings.

Die opbrengs van die veiling gaan waarskynlik deur die skool aangewend word om eiendom in Stellenbosch aan te koop wat deur die skool se personeel gebruik kan word.

Met die stygende eiendomspryse in die laaste paar jaar kan min van die onderwysers dit bekostig om in Stellenbosch te woon, wat dit moeilik maak om personeel te werf en te behou.

Die skilderye behoort aan 'n trust wat ondersteun word deur voormalige leerlinge tot die voordeel van die skool. Die trustfonds se kunsversameling bevat meer as 45 werke wat geskenk is deur voormalige leerlinge oor die vorige 3 of 4 dekades.

Van die werke wat verkoop gaan word, is "'n Indiese meisie met pointsetias" deur Maggie Laubser, wat deur Bonhams geskat word om tussen 100 000 en 150 000 pond te behaal.

Die ander werke is "Golden Gate, Clarens" 'n landskapskildery deur J H Pierneef wat geraam word op 60 000 tot 90 000 pond en 'n werk van Alexis Preller, getiteld "Stillewe met krokodil", wat na verwagting behoort te verkoop vir tussen 40 000 en 60 000 pond.   

игры для девочкамФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.