Munisipale verkiesing 2016 ‘n referendum vir Zuma

Deel op

Wit Suid-Afrikaners het Woensdag in munisipale verkiesings gestem in die hoop om die regerende ANC ’n gevoelige slag te kan toedien.

Die verkiesing word as ’n soort referendum oor Zuma gesien, wat verswak is deur korrupsie­skandale, hofsake en treurige ekonomiese data, insluitende ’n werkloosheidsyfer van 27 persent en nul persent groei in die bruto binne­landse produk.

Die media het ‘n vroeër ‘n venynige veldtog teen die president geloods.

Ten spyte van sommige menings­opnames dat die ANC die gevaar geloop om beheer oor sleutel­stede soos Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth te verloor, loop die party steeds voor.

Ontwikkeling in Suid-Afrika was sedert die eerste veelrassige verkiesings in 1994 onbenullig, met baie swart gemeenskappe wat steeds swak behuising, onvoldoende onderwys en ’n gebrek aan geleenthede ondervind, maar dit pla swart kiesers min.

Met die ekonomie wat tot stilstand gekom het en werkloosheid wat rekordhoogtes bereik het, hoop die belangrikste opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA), en die radikale linkse Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) om steun te wen.

In Johannesburg se Soweto-woonbuurt het inwoners van vroegdag af in rye gestaan om te gaan stem.

“Ons is moeg vir hierdie selfdienende­ leierskap. Mense is moeg vir hulle en selfs oumas is siek en sat vir hierdie regering,” het Nathi Mulaudzi, ’n 40-jarige werklose vragmotorbestuurder aan AFP gesê.

Tog geniet pres. Jacob Zuma steeds wye steun, veral in landelike gebiede, en die ANC se sterk netwerk en diep beursies kan dit help om beheer oor die meerderheid van die 278 munisipaliteite­ te behou.

“Daar is baie negatiewe dinge wat oor die ANC gesê word, maar ek bly dink aan waardeur Mandela onder apartheid gegaan het, dus doen ek dit vir hom,” het Lebogang Maponyane, ’n 43-jarige werk­lose vrou van Soweto gesê, nadat sy vir die ANC gestem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.