Gewapende polisie ontplooi na mesaanval in Londense park een eis

Deel op

‘n Mesaanval in Londen het ‘n vrou se dood veroorsaak en vyf ander mense is beseer.

Die aanvaller wat amok gemaak het in sentraal-Londen se Russell Square kon ‘n terreurmotief gehad het, sê ondersoekbeamptes nadat ‘n verdagte in hegtenis geneem is op die toneel.

Beamptes het ‘n elektriese skokgeweer gebruik om die 19-jarige man in hegtenis te neem. Die polisie is ingeroep na die voorval in Russell Square naby die Britse Museum net ná 22:30 Woensdag.

Die verdagte is na die hospitaal geneem waar hy in polisie-aanhouding bly.

Mark Rowley, assistent-kommissaris die Metropolitaanse Polisie en mees senior teen-terrorisme beampte in Brittanje het die media toegspreek.

Hy het gesê “geestesgesondheid” was ‘n “beduidende” faktor in die voorval, maar het nie uitgebrei oor terrorisme nie.

Twee mans, wat na bewering van Midde-Oosterse afkoms is, is gesien dat hulle verdag optree buite die hotel na die voorval, volgens getuies.

Een getuie, ‘n 35-jarige, wat anoniem wou bly, het aan Express.co.uk gesê: “Ek het gesien hoe twee mans van Midde-Oosterse afkoms verdag optree buite die Imperial Hotel, op Southampton Row.

“Een man het op ‘n motorfiets aan die verkeerde kant van die pad opgejaag met die ander man wat in ‘n ander rigting laat spaander het.”

“Jy weet daar is iets verkeerd wanneer jy die polisie sien opdaag met gewere,” het ‘n ander ooggetuie gesê.

Maar Scotland Yard het gesê vir “gerusstelling en veiligheid” sal Londen Donderdagoggend ekstra beamptes ontplooi, insluitende gewapende polisie.

Die aanval in die gewilde toeriste-area kom te midde van waarskuwings oor die onafwendbaarheid van ‘n terroriste-aanval in die Verenigde Koninkryk na maande van jihadi-aanvalle in Europa en die Midde-Ooste.

Die slagoffer, wat vermoedelik in haar 60’s was, se naam is nog nie bekend nie. Twee vroue en drie mans is beseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.