Dertien gedood in motorbomaanval

Deel op

In die aanloop tot die presidentsverkiesing in Somalië dié maand, is die militante Islamitiese groep, al-Sjabaab, besig om sy aanvalle te verskerp, het Reuters berig.

Militante het Sondag twee motorbomme buite ‘n polisiebasis in Somalië se hoofstad, Mogadishu laat ontplof voordat gewapendes die gebou binnegestorm en minstens dertien mense om die lewe gebring het.

Die Islamitiese groep al-Sjabaab het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.

Dit was die tweede groot aanslag deur die groep in ‘n week in die stad, wat ‘n guerrilla-ooglog teen die Westers-gesteunde regering voer.

Swaar geweervuur is vir byna ‘n halfuur ná die eerste ontploffing binne die gebou gehoor, het ooggetuies berig.

Die oorskot van vier burgerlikes het in die straat gelê naby die kompleks wat gedeeltelik deur die ontploffings in puin gelê is. ‘n Nabygeleë kiosk het aan die brand geslaan.

“Minstens tien mense, insluitende vier militante, vyf burgerlikes en ‘n soldaat het in die aanval gesterf,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Nog 15 is beseer van wie sommige in ‘n ernstige toestand verkeer.

In al-Sjabaab se eerste aanval verlede week Dinsdag by die ingang na die Afrika-unie se Amison-basis, het twee motorbomme ontplof wat die lewens van 13 mense geëis het.

Veiligheidswaarnemers het gewaarsku dat die groep sy aanvalle in die aanloop tot die presidentsverkiesing kan verskerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.