Pous sê Islam is nie aan geweld gekoppel nie

Deel op

Pous Franciscus het Sondag gesê dit is verkeerd om Islam aan geweld te koppel.

Dié uitspraak kom na veral ‘n reeks dodelike aanvalle deur die Moslemterreurgroep ISIS in Europa.

Hy het tydens ‘n mediakonferensie aan boord van ‘n vliegtuig gesê afgodediens en geld is onder die belangrikste oorsake vir terrorisme.

Hy was in Pole ter viering van Wêreldjeugdag. Die pous het Sondag ‘n mis saam met 1,5 miljoen pelgrims van oral in die wêreld gehou.

Ter erkenning van vandag se oorweldigende internetgebruik, het die pous gelowiges aangemoedig om “die beste skakel ooit af te laai, naamlik ‘n hart wat goedheid sien en oordra, sonder om moeg te word.”

Tydens die vyf dag lange besoek aan Pole het hy onder meer die Auschwitz-konsentrasiekamp besoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.