Twee vragmotorbestuurders in mensehandel betrap

Deel op

Twee bruin vragmotorbestuurders sal na verwagting om borgtog aansoek doen in die Marble Hall-landdroshof Dinsdag nadat hulle in hegtenis geneem is weens beweerde mensehandel.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) se kapt Matimba Maluleke het gesê Idrisa Yusuf Mussa, 39, en Danison Prahima, 39, is in hegtenis geneem op 28 Julie en sal Vrydag in die hof verskyn.

“Die polisie het twee verdagte vragmotors geparkeer langs die pad naby Marble Hall onderskep. Terwyl hulle ‘n deursoeking van die twee vragmotors gedoen het, was die polisie geskok om 59 Malawiese immigrante waaronder nege vroue, twee van hulle minderjariges, en die res volwasse mans te ontdek,” het Maluleke gesê.

“Die 59 migrante is aan die agterkant van die vragmotor versteek en ‘n paar was in ‘n ernstige toestand van dehidrasie. Sommige van die immigrante is met vervalste paspoorte betrap.”

Hy het gesê al 59 individue sal aangekla word omdat hulle onwettig in die land is en sal na verwagting binnekort verskyn in die Marble Hall-landdroshof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.