Kayla Meyer en haar gesin se moordenaars gevang

Deel op

In wat deur die polisie as ‘n “deurbraak” beskryf is, is vier verdagtes deur die Randfonteinse polisie aangekeer in verband met die grusame moorde op 10 Maart 2016 op Kayla Meyer,9, en die res van haar gesin, waaronder haar moeder Marietjie Meyer, 46, dié se vriend Kenny MacCormack, 42, en Monty MacCormack, 73. Die vier verdagtes het gister in die Randfonteinse landdroshof verskyn en hul saak is tot 18 Augustus uitgestel. Hul name is nog nie bekendgemaak nie.

Volgens kaptein Appel Ernst van die Randfonteinse polisiestasie, het “luitenant-kolonel Gert Kruger, wat aan die Randfonteinse speurtak verbonde is, asook lede van die Wesrand-trio-taakmag vier verdagtes ná ‘n intense ondersoek in die saak in hegtenis geneem”.

Brigadier Manamela, die stasiebevelvoerder van Randfontein, het sy tevredenheid oor die inhegtenisnames uitgespreek. “Hierdie span polisiebeamptes het ‘n positiewe uitwerking op ondersoeke betreffende ernstige misdaad,” het hy gesê. Hy het luitenant-kolonel Kruger met sy volharding in die saak gelukgewens.

Lees ook ons vorige berigte oor die moorde op ‘n kleinhoewe in die Rodora-gebied in Randfontein:

‘Nog geen arrestasies’ in moorde op Kayla Meyer (9) en haar gesin

‘Dis kruipende volksmoord’: kommentaar oor uitwissing van Randfontein-gesin

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.