Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Deel op

Dit is nie bekend hoe die brandstofstaking die Munisipale Verkiesing wat more op 3 Augustus plaasvind, sal raak nie. Voornemende kiesers sal dalk in Jan Tuisbly se karretjie moet ry.

Metrobus het pendelaars in Johannesburg gewaarsku dat sy busse nie op alle geskeduleerde roetes sal loop Dinsdag nie weens die voortgesette staking in die petroleumbedryf.

Die staking het gelei tot depots wat laag is op brandstof.

“Ons depots is reeds laag aan brandstofvoorrade en as gevolg daarvan, is ons verplig om ons diens te verminder,” het Metrobus in ‘n verklaring Maandagaand gesê.

“In die lig van die brandstofkrisis, kan ons nie alle geskeduleerde roetes vanaf 2 Augustus 2016 bedien nie, tot verdere kennisgewing. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word daardeur.”

Petroleumbedryfwerkers verbonde aan die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers Union (Ceppwawu) het ná loongesprekke ‘n dooiepunt bereik het, begin staak.

Hulle verwerp die aanbod van ‘n toename van sewe persent in loonverhogings. Ceppwawu eis ‘n nege persent loonverhoging oor een jaar.

Die staking raak brandstofdepots en raffinaderye. Werkers by vulstasies staak nie, maar in sommige gebiede het motoriste gesê pompe het opgedroog.

PRAAG het van ‘n hele paar vulstasies in Pretoria verneem dat hulle tenks leeg is en hulle moes motoriste wegwys. Die Engen-stasie in Groenkloof was al Maandagoggend sonder brandstof.

Die Suid-Afrikaanse Petroleum (Sapia) het gesê dele van Gauteng ervaar vertragings in brandstofaflewerings.

Sapia se uitvoerende direkteur Avhapfani Tshifularo het aan Sake24 gesê intimidasie deur stakende vakbondlede by ‘n groot petrolspilpunt in Pretoria het die depot tot stilstand gedwing.

Engen se vulstasies blyk die meeste geraak te word, maar hulle het maatreëls in plek om die impak van die brandstof-staking te bestuur, het Engen in ‘n verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Maandag gewaarsku dat die staking ‘n negatiewe impak op die ekonomie sal hê.

Meer as 15,000 werknemers in die petroleumsektor het verlede Donderdag begin staak.

Vrydag het die Sentrale Energiefonds gesê die brandstofprys sal met 99 sent per liter vir petrol en 74 sent per liter vir diesel daal vanaf 3 Augustus.

Die fonds sê die aansienlike prysdaling was te danke aan ‘n afname in die internasionale produkpryse van petrol, diesel en paraffien, asook die versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.