Israel: Is dit werklik apartheid?

ImageDie SA regering se optrede Vrydag teenoor die Israelse ambassadeur was nie veel meer as wat mens van ‘n klomp rassistiese barbare kon verwag nie. Om ‘n land wat homself net verdedig teen ongeregverdigde aanvalle se ambassadeur in te roep en vir drie ure lank oor die kole te haal is niks anders as onverbloemde rassisme nie.

Mens kan net wonder hoekom die regering sulke aksies apartheid sou noem, terwyl die klomp beroepskelms wat aan die bewind van die land sit, maar net kan maak en breek soos hulle wil. Die ou beginsel van reëls vir ander en uitsonderings vir hulleself blyk aan die orde van die dag te wees met die spul onbeholpe mense wat die arme Israelse ambassadeur so onbeskof uitgetrap het.

Die een beskrywing van Jacob Sithole, die nasionale vergadering se voorsitter van die portefeuljekomitee op buitelandse sake, dat die mense deur die grensposte tussen Israel in Gasa moes gaan soos beeste deur ‘n dip is inderdaad uiterste snert, soos wat ambassadeur Dov Segev-Steinberg dit beskryf het.

Ek kan nie sien dat daar verskil is tussen die optrede van Suid-Afrika met sy kwynende grensbeheer en dít wat die Israeli’s toepas nie. Indien die regering sê dat die toepassing van grensbeheer op sigself rassisties is en soortgelyk is daaraan om beeste deur ‘n dip te jaag, kan mens wel die stelling maak dat die SA regering ook die “arme Zimbabwiërs” deur die “beestedip” jaag by ons grensposte. En na my mening is dit niks minder as rassisme nie.

Die oproep van Cosatu om alle Israelse produkte te boikot verteenwoordig soortgelyke chauvinisme teen Israel. Dit is dieselfde toepassing van sogenaamde “swart ekonomiese bemagtiging” wat deur die huidige ANK-regering toegepas word. Dit kom neer daarop dat indien persoon A een produk maak en persoon B maak dieselfde produk, persoon B ondersteun moet word op grond van sy politieke affiliasies, en siende dat Israel nie op dieselfde geregtig is nie, is dit geheel en al onkonsekwent.

Die ANK-LP Patrick Sibande, wat die Israelse ambassadeur beskuldig dat hulle besig is met ‘n etniese reinigingsprogram, is natuurlik ‘n mooi een om te kan praat. Mens kan baie maklik die stelling maak dat die ANK ook besig is met ‘n etniese reinigingsproses, wat alle blankes en boere wat nie die ANK-logo op hulle agterent getatoeëer het nie sal aantree vir die skoonmaakproses.

Die land se boere word op die huidige stadium uitgemoor en verjaag van hulle grond af op ‘n baie subtiele manier, eerder as om die grondhervormingsproses behoorlik in aksie te kry. Die rede daarvoor is dat dit meer kos om grond te koop op die basis van gewillige koper en verkoper as om die boere te laat uitmoor deur ‘n klomp onheilige swart helsems. Dit is die ANK-regering se antwoord op die grondprobleem, want grond is mos gelyk aan rykdom, volgens die swart redenasie.

Daar is verskeie verhale van blankes wat uit ander dele van Afrika gekom het en wat by hul latere terugkeer net die treurmares moes aanhoor van hoe sleg dit gaan. Op die vraag oor hoekom, aangesien hulle mos nou grond het wat rykdom versinnebeeld, was die antwoord dat daar nie “die witbaas” is om vir hulle te kan vertel oor hoe om dinge te doen nie.

Nog iets wat ek in mnr. Sibande se rigting kan gooi, is die feit dat die swart Afrikaan nie gebore in staat is om iets te kan bou wat nie voorheen daar was nie, en selfs al het hy ‘n stelsel geërf wat voorheen 100% in werkende toestand was, kan ek amper ‘n waarborg gee dat dit binne ‘n kwessie van 5 tot 10 jaar so erg beskadig word dat dit amper onherstelbaar raak. As voorbeelde kan mens maar net kyk na ons staatsdiens, ons poskantoor (wat verbasend genoeg nog so-so werk) ons gesondheidstelsel wat in sy maai is, die polisie- en regstelsel, en nog baie ander wat mens kan uitsonder vir dié besondere voorreg.

Die stelling van die ANK-LP, Albertinah Luthili dat Israel die internasionale pers uithou uit Israel omdat hulle nie wil hê dat iemand kan sien hoedat hulle sogenaamd “willy nilly” skiet nie, is net nog ‘n pot snert. Ek glo in dié geval het Israel geleer dat dit beter is om die pers uit te hou, aangesien nog min mense in die wêreld geleer het hoe simpatiekgesind die liberale wêreldmedia die klomp vadoekkoppe werklik is. En daar is min dinge so gevaarlik as ‘n klomp bevooroordeelde persmanne en dames.

Met verwysing na die vuurpyle wat Hamaslede so elke dan en wan oor die grens stuur, en wat klaarblyklik nie soveel skade gemaak het nie, ek wonder hoeveel die ANK daarvan sal hou indien daar blanke buurlande was wat ook elke nou en dan net so ‘n paar ekstragroot vuurwerke oor die grens sou gestuur het net om die mense aan die ander kant wakker te maak.

O wee, ek kan net dink watter internasionale insident dit kon veroorsaak. “Whites involved in aerial attacks on poor black neighbours” sal die hooftrekke lui en die hele wêreld sou saamstaan om die arme wittes te verguis.

Die ambassadeur het die vraag gevra of die ANK-regering maar net die ander wang sou draai indien iemand skielik sou besluit om honderde vuurpyle in Kaapstad in te skiet, waarop die antwoord meer waarskynlik stilte was, wat myns maar ‘n baie goeie weergawe van ‘n “ja” was.

Selfs nadat die Israelse ambassadeur ‘n skyfievertoning gewys het van geboue wat positief as teikens geïdentifiseer is en van waar Hamas hulle skietgoed aanmekaarsit en vuur, was die ANK-lede steeds skepties, wat maar getrou is aan die aard van hulle politiek, om niks te glo nie, die bewyse ten spyt.

Die stelling van Dov Segev-Steinberg, die ambassadeur, dat Hamaslede onskuldige vroue en kinders as menslike skilde gebruik, het op dowe ore geval, ook in pas met ‘n regering wat net hoor wat hulle pas. Die feit dat sulke optrede teen elke reël in die Geneefse konvensie indruis, beteken niks vir ‘n regering wat self meer reëls verbreek as wat daar ooit geskryf is nie.

Mens kan laasgenoemde maar net meet aan die reaksie wat die regering getoon het teen ons geliefde Zimbabwiese leier, mnr. Mugabe, se optrede oor die laaste jaar.

Dit heet “stille diplomasie”, wat elke beskaafde reël verdraaien verwring, en aan die res van die wêreld die middelvinger toon as hulle iets te sê het oor sy verkeerde optrede. En ons moet natuurlik nie vergeet dat alles wat verkeerd gaan in Zim op die “aksies teen ons demokrasie” geblameer word nie.

Iets wat opvallend is, is dat Hamasleiers gesê het dat indien die Israelse skietstilstand wat in werking getree het eensydig is, hulle wat Hamas is, sal aanhou om die stryd na die Israeli’s te neem, ongeag die koste daaraan verbonde.

Ek dink dit is op hierdie stadium wat ek aan Hamas sou vertel om dalk versigtig te wees vir dít waarvoor hulle vra, want soms kry mens dit ook.

Indien Hamas moeilikheid sou soek deur te sê dat hulle met niks anders as die totale vernietiging van Israel tevrede sou wees nie, moet hulle baie versigtig wees, want soos hulle al in die verlede geleer het, neem dit nie veel om die trotse Israeli’s om te krap nie.

Een van die redes hoekom Israel oor baie jare soveel teruggehou het, is dat Hamas tussen die burgerlike bevolking skuil, soos wat dit enige goeie lafaard betaam, pleks daarvan om op te staan en die straf te vat soos ‘n man. Dis die Islamitiese ekstremis se styl om onskuldige mense by sy lafhartige stryd te betrek, en te sorg dat hulle ook sterf, sodat hy agterna aan die wêreld kan toon hoe ‘n “verskriklike wreedaard” die vyand dan nou werklik is.

Verder is dit in die natuur van die lafaard om mense as skilde voor te hou, en dan sy eie tekortkominge op ander te blameer, weereens om sy eie onskuld aan die wêreld voor te hou.

Die feit dat Hamas een van die ondergrondse bunkers vir hul leierskap onder ‘n hospitaal gebou het, spreek boekdele van hul aard, omdat hulle staatmaak daarop dat Israel genoeg terughouding sal toon om nie hospitale met bomme plat te vee nie.

Dit is amper net soos ons moderne weergawe van die swart woongebiede, waar kriminele elemente hulle tussen die gewone bevolking in skuilings ingegrawe het en die mense rondom hulle met ‘n ysterhand regeer. Dit is mos maklik om tussen hordes mense weg te kruip as mens hulle met vrees kan beheer, en dit geld vir beide Hamas en ons tipiese swart misdadiger op tuisbodem.

Die stelling van ons geagte president Kgalema Motlanthe dat vroue, kinders en ander onskuldige mense doodgaan in die konflik beteken nie eintlik veel nie, as mens dit sien in die lig van wat die huidige regering toelaat. Die moorde op onskuldige boere, verkragting van vroue en kinder, ontvoerings, aanrandings en so meer is niks anders as oorlogvoering teen blankes nie. Hoe die klomp aan bewind dit ook al stel, dit bly iets wat mens met ‘n gevoel van afsku en naarheid kan vervul.

Sondagoggend was daar weer ‘n insident waarin daar deur ‘n Palestynse groep op ‘n paar Israelse soldate geskiet is, waarna Israel geantwoord het met grondvuur en ook vuur vanuit die lug. Sover bekend is niemand in die skermutseling dood nie, maar daar is Palestyne gewond in die voorval wat in die noorde van die Gasastrook plaasgevind het.

Israel se besluit om hulle eie skietstilstand in werking te stel was na my mening ‘n briljante skuif. Dit het al die mag en onderhandelingsmateriaal uit die hande van die Palestynse vyand gehaal en aan hulle wel die reg voorbehou om indien daar weer vyandelikhede deur die teenstaanders gepleeg sou word, op te tree soos wat hulle sou goeddink.

Vir sover dit die Suid-Afrikaanse regering en enige bondgenote se kommentaar aangaan, wil ek aan Israel sê om hulle te ignoreer, hulle en die Palestyne van Hamas voëls van eenderse vere is.

для насоснойлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.