Merkel hang aan ‘n draadjie

Deel op

Angela Merkel se premierskap hang aan ‘n draadjie nadat duisende Duitsers opgeruk het om haar bedanking te eis en ‘n belangrike politieke bondgenoot sy steun aan Merkel onttrek het oor haar onbesonne immigrasiebeleid.

Meer as 5000 betogers het in Berlyn byeengekom en nog duisende regoor Duitsland om die “oop-deur-beleid” aan te val wat talle meen die skuld moet kry vir die vier wrede terroriste-aanvalle wat die dood van 13 mense in die afgelope maand veroorsaak het.

Die kanselier staar ‘n nuwe vlaag woede in die gesig nadat dit bekend geword het dat twee onlangse terreuraanvalle en ‘n derde moord deur mense wat die land as “vlugtelinge” binnegekom het, uitgevoer is.

Ten spyte van die massiewe vloedgolf kritiek, hou Merkel aan om haar beleid te verdedig. Sy het hierdie week weer verkondig: “Ons kan dit doen”, en belowe om nie toe te laat dat gewelddadige optrede politieke besluite lei nie.

Maar nou het haar belangrikste bondgenoot in Beiere ‘n vars nuwe aanslag op haar leierskap van stapel gestuur, en sy party gedistansieer van Merkel. Dit het die koalisie wat haar aan bewind hou onder kwaai druk geplaas.

Horst Seehofer, die konserwatiewe premier van Beiere, het gesê hy deel nie Merkel se verwelkomingscredo nie na die byna 2 miljoen immigrante en vlugtelinge Duitsland binngestroom het.

Seehofer, van die Christen-Sosiale Unie, die susterparty van Merkel se konserwatiewe Christen-Demokrate, het gesê Hy “kan dit nie doen nie” met die beste wil, om die credo as sy eie te aanvaar.

Ná ‘n vergadering met die Beierse regering in Tegernsee, het hy bygevoeg dat die oplossings tot op hede “te min” was.

Seehofer het beklemtoon dat hy geen begeerte het om ‘n rusie met Merkel te begin nie, maar gesê dit is belangrik om ‘n werklikheid in die gesig te kyk.

‘n Bylaanval, ‘n massaskietery, ‘n mesaanval en ‘n selfmoordbomaanval binne die kwessie van ‘n week het Duitsland diep geruk, met 13 mense dood, waaronder ook drie aanvallers, en dosyne gewond.

Drie van die vier aanvallers was asielsoekers, en twee van die aanvalle is deur die Islamitiese staat uitgevoer.

“Merkel moet gaan” is tans die nommer een kwessie op sosiale media, met mense wat boodskappe stuur en foto’s insluit waar die kanselier met bloed op haar hande, soos hierbo, vertoon word ná onlangse aanvalle.

‘n Nuwe opname het bevind dat 83 persent van Duitsers immigrasie as grootste uitdaging van hul land beskou – twee keer soveel as ‘n jaar gelede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.