PAP-eters geskiet, beroof

Deel op

Lede van die Pan-Afrika Parlement eis beter veiligheidmaatreëls nadat `n vroue-parlementslid van Senegal Donderdag geskiet is tydens ‘n rooftog by die OR Tambo-lughawe.

Sy is na haar aankoms op die lughawe in Kempton Park in die heup geskiet.

Volgens bronne in die PAP gebeur sulke aanvalle elke keer wanneer daar ‘n sitting in Suid-Afrika is.

Die Senegalese LP is aangeval toe sy en ander parlementslede onderweg was na hul hotel in Sandton. Hulle is van al hulle waardevolste besittings en reiksdokumente beroof.

Die ander drie is Namibiese politici wat in Johannesburg beroof is Donderdagaand.

Die Namibiese hoëkommissaris in Suid-Afrika, Veiccoh Nghiwete het Saterdag gesê, “Dit is jammer, maar hierdie dinge gebeur. Jy weet nooit wanneer dit sal gebeur nie.”

Nghiwete het berigte ontken dat ‘n lyfwag dood is tydens die rooftog.

Een van die Namibiërs, Laura McLeod-Katjirua (foto bo) het Vrydag die voorval bevestig en gesê die rowers het klere, selfone en kredietkaarte gesteel.

Volgens McLeod-Katjirua, is ‘n kollega van Senegal in die heup geskiet tydens die rooftog.

Sy is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

Dit was volgens berigte die derde aanval op LP’s uit Afrika onderweg na hulle hotelle met die laaste drie sittings in Midrand.

Die Suid-Afrikaanse parlement het vroeër die aanval veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.