Kort en lang stembriewe

Deel op

Die kortste stembriewe gaan in Buffalo City in die Oos-Kaap aan kiesers uitgedeel word, waar net 12 politieke partye deelneem.

Kiesers in die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan die tweede kortste stembrief van alle metro munisipaliteite landwyd kry tydens die 2016 Munisipale Verkiesing.

Volgens die OVK gaan net 14 politieke partye in dié gebied aan die verkiesing deelneem.

Die langste stembrief gaan in Kaapstad, Suid-Afrika se dwelmhoofstad, uitgedeel word waar kiesers ‘n keuse van 36 politieke partye het.

Daar word vermoed dat politieke partye ook gebruik word om geld te was, aangesien wetgewing nie vereis dat skenkers blootgelê word nie.

Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi het in Ulundi in KwaZulu-Natal by die party se laaste saamtrek voor Donderdag se verkiesing gesê in die Wes-Kaap is daar bejaardes wat al 18 jaar op huise wag en steeds vir die DA stem.

Buthelezi sê daar is ook gemeenskappe sonder kraanwater. Hierdie inwoners is nie eers bewus van die menigte partye nie.

Die OVK het vroeër aangedui dat ‘n rekord getal politieke partye vanjaar aan die verkiesing gaan deelneem.

In terme van plaaslike munisipaliteite het die Richtersveld-munisipaliteit in die Noord-Kaap die kleinste proporsionele stembrief met net drie partye wat in die gebied tot die verkiesingstryd toegetree het.

Stembriewe is intussen in Soweto gesteel. Houers met bykans 2000 stembriewe is Donderdag uit `n afleweringsvoertuig in Dobsonville gesteel.

Die gesteelde stembriewe sal nie gebruik kan word nie en veiligheidsmaatreëls is opgeskerp.

Meer as 800 000 kiesers sal vandag en môre spesiale stemme kan uitbring in wat eintlik maar weer eens ‘n etniese sensusopname is.

Die Verkiesingskommissie sê dié syfer is glo die hoogste ooit.

Die VK se adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo sê die hoë getal mense wat spesiale stemme kan uitbring, is moontlik gemaak weens die VK se veldtog om registrasie te vergemaklik.

Mense kon hulle aansoeke indien met SMS-boodskappe, op die internet of aansoeke per hand.

Nelson Mandelabaai sal na verwagting ‘n koalisie-raad kry waar die EFF met die DA kan saamwerk teen die ANC.

Dit sal beteken dat ‘n stem vir die DA in Pretoria en Port Elisabeth in werklikheid ‘n stem vir die EFF is, want met die DA-steun asook die EFF se steun, kan Tshwane dieselfde pad loop.

Die Munisipale Verkiesing 2016 vind op Woensdag 3 Augustus plaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.