Twee Noordwes-skole afgebrand in verkiesingsgeweld

Deel op

Sewe klaskamers by Setilo Sekondêre Skool by Mareetsane naby Mahikeng in Noordwes is aan die brand gesteek deur oproeriges.

Die skool is in ligte laaie gelaat nadat verkiesingsgeweld in die gebied opgevlam het. Die Graad 11 en 12 klaskamers is in puin gelê.

Die Verkiesingskommissie het bevestig dat sy stemlokaal in Mareetsane nie gebruik kan word nie, nadat die klaskamers uitgebrand het.

Die verkiesingshoof in die provinsie, Tumelonthe Thiba sê ‘n tydelike struktuur sal opgerig word indien die perseel toeganklik is. Indien nodig sal die stemlokaal verskuif word.

Nog ‘n skool op Piet Plessis is ook aan die brand gesteek in ‘n tweede voorval van openbare geweld.

“Ek wil graag ons gemeenskappe aanmoedig om wanneer hulle verskil van die owerhede, ‘n vreedsame oplossing te soek eerder as om openbare eiendom te vernietig,” het LUR Sello Lehari gesê.

Die Noordwespolisie het gesê ‘n saak van brandstigting is geopen by die Mooifontein-polisiekantoor maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kolonel Sabata Mokgwabone gesê daar was ook ‘n poging om ‘n gemeenskapsaal af te brand, maar net stoele is verbrand.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het intussen haar misnoë te kenne gegee oor die brandstigting wat polities gemotiveerd is.

Motshekga sê in ‘n verklaring dat sulke gedrag nie geduld sal word nie en het ‘n beroep op die owerhede gedoen om die skuldiges spoedig aan te keer.

Vroeër in die week het ‘n skare ook klasse by die skool ontwrig en onderrig kon sedertdien nie voortgaan nie.

Motshekga het ook ‘n beroep op die gemeenskap en ouers gedoen om nie toe te laat dat politieke struwelinge met onderwys inmeng nie.

Sanco het ook hul stem by Motshekga s’n gevoeg en gesê die vernietiging van openbare eiendom is ‘n terugslag vir die gemeenskap.

Provinsiale voorsitter, Paul Sebegoe, het ‘n beroep op kalmte gedoen aan die vooraand van die verkiesing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.