Zuma gaan lening aan vir Nkandla-skuld

Deel op

President Jacob Zuma sal glo ‘n persoonlike lening aangaan om die R7,8 miljoen wat hy skuld vir Nkandla terug te betaal.

Die Openbare Beskermer het bevind dat hy die geld wat onregmatig uit die staatskas kom vir verbeterings aan sy eie woning, moet teruggee.

City Press berig dat Zuma ‘n lening van VBS Mutual Bank ontvang het daarvoor.

Handelsbanke weier om huisverbande toe te staan aan wonings wat op stamgrond gebou is, soos in die geval van Nkandla wat aan die Ingonyama-trust behoort.

VBS is ‘n klein bank wat spesialiseer in lenings in landelike gebiede aan mense wat op kommunale trustgronde bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.