Verdagmakery oor terreur ontbloot

Deel op

Die organisasie CAGE het tot die Moslemtweeling wat van terreur aangekla word, se verdediging gekom en gesê “AWB-lede” is in hegtenis geneem met wapens en hulle is nie “terroriste” genoem nie.

Sallahoeddin (Brandon-Lee) en Jakeen (Tony-Lee) Thulsie word daarvan beskuldig dat hulle beplan het om die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Gauteng aan te val.

Die AWB-verwysing in CAGE se verklaring is egter ‘n totale versinsel, een wat Maroela Media herhaal het, kennelik as verdagmakery.

Hieronder die regstelling van Johannes Meintjies, ook aan Maroela Media gerig:

Geagte Afrikanerleiers,

In die lig van die bevordering van GPF samewerking, as volg te rapporteer:

Hiermee ter kennisname te vermeld dat ek beskeie maar ernstig aan die gerespekteerde redaksie by Maroela Media geskryf het om te versoek dat moontlike onakkurate verslaggewing wat aangedui het dat AWB lede (LW, nie “verdagtes” of “onbevestigde berigde”, of nagaan van feite soos wat ek ‘n tydens GPF verwante rapportering ‘n tydjie gelede skriftelik ingelig is dat geen SAPD verwante berig in Maroela Media gepubliseer word sonder om eers die feite met die SAPD te bevestig nie) besmoontlik publiek reggestel behoort te word.

Hierdie skakel en kommentare verwys.

Na wat verneem word is daar geen rekord van daardie manne se name op die AWB se rekords, oud of nuut nie. Mens vertrou dat enige hofsaak (as dit nie ‘n voor-verkiesings vals vlag foefie uit ge-orkestreerde staatsgeledere was) dan ook die verdagtes of ge-arresteerdes sal vra vir bewyse van hul AWB lidmaatskap aansoeke of lidmaatskap bevestiging sodat dit deel van die deursigtige publieke ondersoekrekord kan wees.

Ek het bloot as medeburger gereageer omrede ek vantevore ingelig is dat daar wel samewerking onder Afrikaner/ Boere-Afrikanervolk/ Volksleierskap bestaan, of dat Afrikaner instansies mekaar nie sal pootjie of te nakom of teenstaan in selfbestuur en selfbeskikkingsake nie.

Ter wille van die vertroue van die Afrikaner publiek op grondvlak, en die integriteit van Afrikaner instansies in SA, sou mens dus enige beriggewing, veral in wat as nog enkele betroubare Afrikaanse media beskou word, onomwonde wil kan vertrou.

Dit sou werklik na mening uitermate betreurenswaardig wees as die verraad en uitverkopery onder Afrikaners en Volksgenote steeds sou voortgaan, en gelate aanvaar sou word.

My beskeie verwagting is dat Maroela Media, ook ter wille van betroubare nasionale vlak GPF inter-aksies en samewerkings met instansies wat oud SAW en Kommmando ondervinding bydra tot die SA gemeenskap onder aanslag, publiek sal regstel soos en waar nodig.

Onderlinge integriteit, volwasse wedersydse erkenning vir elke instansie se deurdagte of medewerkende doelstellings en onomwonde vertroue is na mening baie krities in die Afrikaner/ Boerevolk se selfbestuur en selfbeskikkingsstrewe.

Met ag op Volksintegriteit, – en in medewerkersgroete vir Burgerlike Beskerming onder ons mense,

Johannes Meintjes
Pretoria

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.