Terreursaak teen SA tweeling gaan voort

Deel op

Die terreursaak teen ‘n Moslemtweeling (23) sal in die Johannesburgse landdroshof voortgaan.

Die saak is Donderdag uitgestel nadat Brandon Lee en Tony Lee Thulsie van Newclare se regsverteenwoordiger `n aansoek teen hul aanhouding ingedien het.

Hulle regte name is Sallahoeddin (Brandon-Lee) en Jakeen (Tony-Lee) Thulsie.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle beplan het om die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Gauteng aan te val.

Hulle sou gister om borgtog aansoek gedoen het, maar dit het toe nie plaasgevind nie weens die aansoek teen hul aanhouding.

Die vrou van een van die tweeling het die nag van hul inhegtenisneming beskryf.

In ‘n beëdigde verklaring, het die vrou van Tony-Lee Thulsie, Aadila Alben, besonderhede gegee van die aand van die arrestasies.

Sy het gesê die polisiedokumente is onderteken deur haar skoonfamilie in ‘n “klimaat van vrees en intimidasie”.

Hulle beweer dat hulle nie lasbriewe ontvang het toe hulle in hegtenis geneem is nie.

Die twee het vandeesweek drie keer die Johannesburgse landdroshof verskyn. Hulle het nog nie formeel om borgtog aansoek gedoen nie.

Borgverrigtinge is uitgestel ten einde vas te stel of hul arrestasies in werklikheid onwettig was.

Die vervolging moet nou bewys dat die behoorlike prosedures gevolg is toe die identiese tweeling op 9 Julie in hegtenis geneem is.

As hulle versuim om dit te doen, kan die Thulsie broers vrygelaat word.

Die tweeling is in hegtenis geneem in Newclare, wes van Johannesburg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.