Koerantuitgewers in Nigerië eis dat die land se geheime diens ’n joernalis vrylaat wat daarvan beskuldig word dat hy ’n olie-militant is, het AP berig.
Nigerië is dié land in die wêreld vir oliediefstal.
Agente van die departement van staatsveiligheid sê hulle het die uitgewer van die Weekly Source-koerant, Jones Abiri, op 21 Julie op klagte van terrorisme, poging tot ontvoering en die feit dat hy glo agter gerugte van ’n militêre staatsgreep gesit het, in hegtenis geneem.
Die Bayelsa-staat se vereniging van koerantuitgewers het Abiri as ’n “geloofwaardige joernalis” bestempel en ’n beroep op die owerheid gedoen om hom onmiddellik vry te laat.
Die geheime diens beskuldig Abiri daarvan dat hy aan die hoof staan van die Gesamentlike Rewolusionêre Raad, ’n militante groep in Nigerië se olieryke suide. Die organisasie val gereeld oliepypleidings aan.
Dit het meegebring dat olieproduksie in die gebied van 2,2 miljoen vate per dag tot net 1,2 miljoen vate afgeneem het.
Die Weekly Source is ’n koerant wat in Yenagoa, in die Bayelsa-staat, gepubliseer word.