Obama en Hillary koer vir mekaar en ignoreer Islam

Deel op

Pres. Barack Obama en Hillary Clinton, wat nooit veel van mekaar gehou het nie, het soos twee duifies vir mekaar gekoer by die Demokrate se benoemingsbyeenkoms.

Die soetsappige innigheid was so aangeplak, dat ‘n mens daaran kon verstik. Die kandidate het deur die hele byeenkoms nie een keer na radikale Islam verwys nie, die hoofitem van alle nuusberigte die afgelope twee weke.

Bywoning van die geleentheid was besonder swak, behalwe vir swart vroue. Terwyl Clinton die gehoor toegespreek het, was die meeste sitplekke leeg.

In wat waarskynlik sy laaste toespraak voor ‘n groot gehoor as president was, het Obama Hillary Clinton se lofprysinge besing.

Hy het onder meer probeer om Clinton op te hemel deur Donald Trump af te kraak en as die “plaaslike demagoog” te beskryf. Klaarblyklik kon hy nie veel oor Clinton self sê nie.

Obama het net gesê Hillary is by verre die “bekwaamste presidentskandidaat”, selfs meer as hy of rokjagter oudpres. Bill Clinton was.

Hy was Woensdagaand op die verhoog op die derde dag van die Demokrate se nasionale konvensie.

Slegs visepres. Joe Biden het ‘n emosionele betoog ten gunste van Clinton gelewer.

Intussen sê straatverkopers daar is min belangstelling in hulle knopiespelde en t-hemde van Hillary. Die Washington Post berig dat kopers liewer aandenkings van Bernie Sanders wou koop, maar nie van Hillary nie.

Die genomineerde visepresidentskandidaat, senator Tim Kaine van Virginia, is ook by die geleentheid voorgestel.

Almal het Trump aangeval wat Rusland aangemoedig het om Hillary Clinton se verlore 30 000 eposse te help soek.

“Gaan soek vir ons daardie 30 000 e-posse van Clinton,” het Trump gesê. Hillary en haar span gooi wal oor haar gebruik van ‘n privaatbediener waarmee sy klaarblyklik geklassifiseerde inligting rondgestuur het.

Die Demokrate beweer Rusland het haar bediener gekraak, maar die eposse is deur die Clintons self verwyder.

Trump het gesê pres. Wladimir Poetin van Rusland sal nie Amerikaners soos Hillary respekteer nie.

In ‘n desperate verklaring het Clinton se beeldpoetsers gesê ‘n “presidentskandidaat moedig ‘n ander land aan om op ‘n Amerikaanse teenstander te spioeneer”

Mike Pence, Trump se visepresidentkandidaat het gesê indien Rusland met die Amerikaanse verkiesing begin inmeng, daar sal ernstige gevolge wees.

“Sou dit gebeur, sal albei partye in Amerika seker maak die gevolge is ernstig,” het Pence in ‘n verklaring gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.