Krugerpark-bewaarder vasgetrek vir stropery

Deel op

Twee mans wat getaak was met anti-stroperbedrywighede in die Kruger Nasionale Park het Donderdag in die Bosbokrand-landdroshof op aanklagte van renosterstropery verskyn, het SANParke gesê.

Die veldwagter en ‘n veeartstegnikus in dieregesondheiddirektoraat van die landbou en bosbou departement in Skukuza is na bewering op heter daad betrap Woensdag. SANParke-woordvoerder William Mabasa kon nie hul name of hul volgende hofdatum gee nie.

Veldwagters op ‘n daaglikse patrollie het drie skote gehoor en gaan ondersoek instel.

“Toe hulle die toneel nader, het hulle twee mans, een in ‘n groen veldwagteruniform en die ander een in kakieklere sien hardloop in die rigting van ‘n bakkie wat daar naby geparkeer was.”

‘n Jaagtog het gevolg en meer veldwagters is ingeroep om te help. Hulle het die bakkie tot stilstand gedwing en die twee is in hegtenis geneem. ‘n Vars witrenosterkarkas, twee horings, ‘n geweer, en ander stropertoerusting is in hulle besit gevind.

SANParke se hoof uitvoerende beampte Fundisile Mketeni het die veldwagters se optrede verwelkom, en gesê dit is “hartseer en verskriklik” dat twee van hul eie na bewering betrokke was by stropery.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.