Franse media kondig byna totale sensuur aan teen ISIS-dekking

Deel op

Verskeie Franse nuusorganisasies het gesê hulle sal nie meer foto’s plaas van mense wat verantwoordelik is vir terreur nie, om te verhoed dat diesulkes “postuum verheerlik” word.

In ‘n stap wat kennelik die Moslembevolking sal beskerm teen ‘n stygende woede deur wit Franse, is allerlei ander mooiklinkende frases afgestof om die sensuur te regverdig.

Le Monde het in ‘n hoofartikel na die jongste aanval, die moord op ‘n bejaarde priester in ‘n kerk naby Rouen deur twee ISIS-terroriste, verklaar dat hulle sensuur sal toepas.

Onder die opskrif “Verset teen die strategie van haat”, het Le Monde aangevoer dat al die elemente van die samelewing betrokke moet wees in die stryd teen terrorisme, en dat media-organisasies ‘n “spesiale rol” het om te speel.

“Die webwerwe en koerante wat hierdie inligting produseer kan hulself nie verskoon van selfondersoek op verskeie fronte nie. Sedert ISIS-terrorisme die eerste keer sy verskyning gemaak het, het Le Monde sy praktyke ‘n paar keer verander,” het die koerant gesê.

Hulle het reeds nie meer propagandadokumente van Moslemterreur gepubliseer nie.

Ná die aanval in Nice op 14 Julie, toe ‘n vragmotor ingery het in die skare op die openbare vakansiedag Bastilledag, het Le Monde gesê hulle sal “nie meer foto’s van die vermeende moordenaars publiseer nie, om die potensiële uitwerking van postume verheerliking te vermy”.

Gewelddadige aanvalle in Frankryk en nou Duitsland het vreesvlakke en die gevare van ‘n anti-migrante teenreaksie verhoog. Europa, wat eers een van die veiligste dele van die wêreld was, is dit nie meer nie.

Die koerant het gesê hulle sal “voortdurend debatteer” oor ander praktyke met betrekking tot die dekking van terrorisme.

Dit is egter nie duidelik waaroor die debat sal handel as hulle dit reeds sensureer nie.

Die TV-stasie BFM-TV en die Katolieke koerant La Croix gesê hulle sal dieselfde plan van aksie volg.

Die Europe1 radiostasie het gesê hulle sal nie foto’s van oortreders van terroristemoorde op hul webwerf reproduseer nie en ook nie hul name uitsaai nie.

Die France24 televisiekanaal sal na verwagting dieselfde aankondiging maak om nie meer sulke beeldmateriaal in sy uitsendings te vertoon nie.

Die inligtingsverduistering is nou byna totaal in Frankryk.

Michel Field, die uitvoerende direkteur van nuus by die staatsbeheerde Franse televisie, het egter in ‘n verklaring uitgereik en gesê: “Ons plig is om in te lig, dit is die reg van burgers om in kennis gestel te word. En ons moet hierdie wedloop teen self-sensuur en grootse verklarings van voorneme weerstaan.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.