SA studente uit Turkye teruggeroep

Deel op

Die Vrystaatse provinsiale regering het 52 studente wat in Turkye studeer, teruggeroep.

Die besluit volg ná die mislukte staatsgreep in dié land wat gelei het tot die sluiting van universiteite.

Die groep studente uit die Vrystaat is in Meimaand na Turkye om hul studies in ingenieurswese, ekonomie, bestuur en sielkunde voort te sit.

Hulle is egter nou terug in Suid-Afrika. ‘n Verdere 37 studente, wat ook in Turkye studeer, was in Suid-Afrika met vakansie toe die geweld uitgebreek het.

‘n Woordvoerder van die Vrystaatse premier, Setjaba Maphalla, sê die studente se veiligheid was die dryfveer vir die besluit om hulle terug te bring.

“Wanneer daar ‘n poging is om ‘n staatsgreep teen ‘n regering uit te voer, is selfs ‘n man op straat altyd in gevaar. In terme van direkte gevaar, was hulle nie blootgestel nie. Ons het aan die studente gedink voor enigiets kon gebeur. Ons wag vir die situasie om te normaliseer. Oor waar die studente geplaas sal word, is die prerogatief van die uitvoerende raad, hulle kan selfs terug na Turkye gaan,” het Maphalla gesê.

Die owerhede in Turkye het intussen lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van 42 joernaliste, as deel van die ondersoek na ‘n mislukte staatsgreep op 15 Julie.

Duisende soldate, regters en staatsdienswerkers en selfs skoolkinders is reeds sedert die mislukte staatsgreep in hegtenis geneem (foto hierbo). Die regering van president Erdogan het ook van 87 generaals ontslae geraak.

Sowat 45 koerante en 16 TV-stasies is gesluit in die dae na die staatsgreep, en indiwiduele joernaliste is die week vir die eerste keer geïdentifiseer.

Ten minste 130 mediamaatskappye is gesluit en owerhede teiken enige persone wat beweerde bande het met die Moslem-godsdienstige, Fethullah Gulen, wat in Amerika woon.

Die regering beskuldig Gulen daarvan dat hy die staatsgreep beplan het.

Die regering het verlede week ‘n noodtoestand afgekondig

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.