Oud-LP in selfmoordbom-aanslag

Deel op

‘n Voormalige Somaliese parlementslid wat in 2010 by al-Sjabaab aangesluit het, was een van twee selfmoordbomaanvallers wat die lewe van 13 mense naby ‘n basis van die Verenigde Nasies (VN) en die Afrika-unie (AU) geëis het.

Die motorbomme in voertuie wat deur die selfmoordaanvallers bestuur is, het Dinsdag­oggend naby Mogadisjoe se lughawe ontplof.

Een van die voertuie het skaars 200 meter van die basis ontplof en meestal­ die lewe van veiligheidspersoneel geëis.

Salah Badbado (53) het vanaf 2004 tot 2010 in Somalië se parlement gedien.

Hy het in 2010 tydens ‘n media­konferensie aangekondig dat hy die politiek verlaat om hom by die Somaliese filiaal van al-Kaïda aan te sluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.