Djihadis wat priester keelaf sny het elektroniese armband gedra

Deel op

Een van die twee ISIS-aanvallers wat ‘n Franse klooster bestorm het en ‘n bejaarde priester (85) vroeg Dinsdagoggend onthoof het, was goed bekend aan Franse teenterrorisme-amptenare.

Hy is as ‘n bedreiging vir veiligheid beskou en het selfs onder huisarres geleef. Hy het sy elektroniese armband gedra ten tyde van die aanval, volgens Franse amptenare.

Geïdentifiseer in Franse nuusberigte as “A.K.”, het die 19-jarige Franse burger na bewering ‘n “fiche S” oftewel “S-kaart”.

Dit is ‘n kategorie wat gebruik word deur die Franse wetstoepassing om gevaarlike individue wat ernstige bedreigings vir nasionale veiligheid inhou, te merk.

Adel Kermiche, A.K., het twee keer probeer om Sirië te bereik in 2015, eers via München en een keer via Genève.

Terwyl hy nog minderjarig was, het hy in Maart 2015 ‘n eerste reis na Sirië onderneem.

Dit het vinnig geëindig toe hy in hegtenis geneem is in München, Duitsland, voordat hy teruggestuur is Frankryk toe.

Hy is onder huisarres geplaas in sy ouerhuis in Saint-Etienne-du Rouvray.

‘n Paar maande later, nadat hy 18 jaar oud geword het, het hy weer probeer om na Sirië te reis, hierdie keer vergesel van ‘n jeugvriend.

Die twee mans het deur Switserland gereis, maar Adel Kermiche is in hegtenis geneem op die lughawe van Genève op 14 Mei en is daarna op ‘n Europese terroristelys geplaas.

Hy was kortliks in die tronk in Switserland voordat hy uitgelewer is aan Frankryk, waar hy in hegtenis geneem is en aangekla is van kriminele assosiasie en bande met ‘n terroriste-onderneming.

Hy is vrygelaat op 22 Maart vanjaar met ‘n elektroniese moniteringsband, ten spyte van ‘n appèl deur ‘n anti-terreuraanklaer in Parys. Sedertdien was die djihadis onder huisarres.

Ten spyte van die elektroniese monitering, was hy geregtig om uit die huis te wees tussen 8:30-12:30 nm, volgens die weeklikse Franse nuustydskrif Le nouvel observateur.

Die kerk waar vader Jacques Hamel vermoor is, was op ‘n “treflys” van Sid Ahmed Ghlam – nog ‘n vermeende djihadis wat saamgesweer het om aanvalle op twee kerke in ‘n voorstad van Parys in April 2015 uit te voer.

Maar die 24-jarige Algeriër, wat ook bekend is aan veiligheidsdienste, is in hegtenis geneem voordat hy dit kon doen.

Hy het homself beseer toe hy homself per ongeluk raakgeskiet het en moes ‘n ambulans ontbied, waarna die veiligheidsdiens hom opgespoor het en hy in hegtenis geneem is.

Die twee terroriste van Dinsdag is deur die polisie doodgeskiet toe hulle die kerk uitgekom het met hulle gyselaars.

Een oorlewende, ‘n non by name Suster Danielle, het vertel hoe vader Hamel gedwing is om op sy knieë te staan sodat hulle sy keel kan afsny.

“Hulle het dit afgeneem,” het sy aan BFM televisie gesê. “Hulle het ‘n soort van preek rondom die altaar in Arabies gegee. Dit was ‘n gruwel.”

Suster Danielle kon ontsnap in die verwarring en het ‘n verbygaande motoris voorgekeer wat die polisie gebel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.