FBI gaan Demokrate se epos-fiasko ondersoek

Deel op

Die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) het Maandag aan­gekondig dat ondersoek ingestel word na die kuberkrakery van e-posse wat vir ‘n groot verleentheid vir die Demokratiese nasionale komitee gesorg het.

Die Clinton-­veldtog beskuldig Rusland van aandadig­heid en sê Moskou probeer die Amerikaanse presidentsverkiesing­ beïnvloed.

Die e-posse wat deur WikiLeaks uitgelek is, het onthul dat partyleiers probeer het om die veldtog van Hillary Clinton se teenstander, Bernie Sanders, te ondermyn.

Dit het die Demokrate se nasionale­ konvensie )DNC) op die eerste dag in chaos begin het en die partyleier genoop om te bedank.

“Dit is kommerwekkend dat sommige deskundiges sê dit is deur die Russe gedoen met die doel om Donald Trump te help,” het die bestuurder van Clinton se verkiesingsveldtog, Robby Mook, aan ABC gesê.

Terwyl sommige deskundiges die vinger na Moskou wys, het ander tot versigtigheid gemaan. Rusland het enige betrokkenheid ontken en die bewerings as “absurd” afgemaak.

Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof, het nalv die beskuldigings deur die Clinton-veldtog net voor sy vergadering van die Amerikaanse minister van buitelandse sake John Kerry in Laos gesê: “Ek wil nie vier-letter woorde gebruik nie.”

Trump het voorheen gesê die VSA behoort saam te werk met die Russiese president, Wladimir Poetin.

Die stigter van die Wikileakswebwerf Julian Assange, het aan NBC News gesê daar is geen bewyse dat die e-pos deur die Russiese intelligensie-agentskappe gesteel is nie.

Bill Clinton sal een van die toesprake lewer by die DNC. Hy word steeds van verkragting beskuldig.

Die konvensie het vroeër gedreunsing “Black Lives Matter” toe die “Moeders van die Beweging” die DNC toegespreek het.

Ondersteuners van die Demokrate het die Amerikaanse vlag buite die saal aan die brand gesteek.

Tot dusver het nie een van die deelnemers ‘n woord gerep oor terreur nie.

Hillary is amptelik verkies tot die Amerikaanse Demokratiese Party se presidentskandidaat vir die verkiesing in November.

Clinton het by die Demokrate se Nasionale Konvensie in Philadelphia die nodige aantal stemme van die onderskeie state op haar verenig en so die eerste vrou in Amerika geword wat aan die stuur van ‘n groot politieke party staan.

Clinton sal Vrydagoggend Suid-Afrikaanse tyd die benoeming amptelik aanvaar.

Haar teenstaander en slagoffer van die epos-debakel in die wedloop om die benoeming, Bernie Sanders, het sy steun aan Clinton toegesê in ‘n poging om die verdeeldheid binne die party toe te smeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.