SAUK-joernaliste mag nie terug werk toe, ten spyte van hofbevel

Deel op

Die SAUK het by wyse van ‘n brief van sy prokureurs (sien hier onder) aangedui dat hy teen gister se bevinding van die Arbeidshof gaan appelleer en dat die uitsaaier dus nie gaan toelaat dat Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp weer vir diens aanmeld nie.

Regter Robert Lagrange van die Arbeidshof het gister in die guns van die vier afgedankte joernaliste bevind en beveel dat hulle heraangestel word. Deel van die hofbevel het behels dat hulle terugkeer werk toe en nie verder aan tugmaatreëls onderwerp moet word nie.

Enkele minute gelede het hulle egter in die voorportaal van die SAUK-gebou in Johannesburg gewag dat ‘n beampte van menslike hulpbronne hulle te woord staan (foto hier bo).

Die prokureursbrief hier onder is deur Dirk Hermann van Solidariteit getwiet.

sauk_prokbrief

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.