Brittanje bly in Afrika na Brexit sê nuwe minister

Deel op

Tobias Ellwood is pas aangestel as die nuwe minister belas met Afrika in die Verenigde Koninkryk se kantoor vir buitelandse en statebondsaan­geleenthede.

Ná sy aanstelling het Ellwood gesê Brittanje se werk in Afrika is nie afgehandel nie, en Brexit sal nie daaraan verander nie.

“Die Verenigde Konink­ryk het sterk bande met Afrika en ek wil verseker dat die mense van Afrika weet dat die internasionale samewerking en ons betrokkenheid op die vaste­land sal voortgaan, al is Brittanje buite die Europese Unie,” het Ellwood gesê.

“Die ekonomiese potensiaal van Afrika is groot met een derde van alle Afrika-ekonomieë wat vanjaar na verwagting met vyf persent of meer sal groei. Met ons diplomatieke­ netwerk in 36 lande, 19 kantore van die Britse Raad en 16 sogenaamde DFID-kantore, is Brittanje goed geposisio­neer om met Afrika saam te werk om hierdie ekonomiese potensiaal vir uitnemendheid te ontwikkel.

“Gegewe dat een in elke drie mense in Afrika tussen die ouderdom van 10 en 24 jaar oud is, is dit belangrik om te verseker­ dat hulle hoop vir die toekoms het.

“Ten einde Afrika-ekonomieë ’n hupstoot te gee, is dit ook belangrik om stabiliteit en veiligheid in die vasteland, en in die besonder in Oos-Afrika, te verbeter.

“Ons wil voortgaan om met die Afrika-unie, en deur middel van ons rol op die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, aan hierdie belangrike kwessies aandag te gee,” het Ellwood gesê.

Hy het die stryd teen Boko Haram in Nigerië, die Ebola-kwessie en veiligheidsbestuur in Somalië uitgesonder.

Ellwood was verlede jaar in die nuus nadat hy weer probeer het om buitensporige vermorsing van openbare geld, wat ministers veral verkwis, te verdedig.

Hy het voorheen gesê sy astronomiese salaris en byvoordele is nie genoeg nie.

Hy het onlangs die regering se wynkelder verdedig, nadat dit aan die lig gekom dat grootkoppe weekliks oesjaarbottels van £500 elk wegslaan wat hulle verwag vervang moet word.

Ellwood het verlede week ‘korreksies’ uitgereik oor humanitêre skendings in Jemen waar Saoedi-Arabië Britse wapentuig teen burgelikes aanwend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.