20 beseer, winkelsentrum beskadig toe tornado Tembisa tref (met video)

Deel op

Volgens die jongste syfers is 20 mense beseer toe ‘n tornado die swart lokasie Tembisa, noordoos van Johannesburg, getref het (sien foto’s en video hier onder). Die Oos-Randse metro, Ekurhuleni, het ‘n hele noodoperasie aangekondig en daar gaan aan minstens 400 dakloses hulp verskaf word.

Sommige beserings is veroorsaak toe die dak van ‘n winkelsentrum, die Phumulani Mall, ineengestort het. Reddingswerkers moes 11 mense uit die puin red.

Ook die plaaslike hospitaal, die enigste openbare hospitaal in die hele omgewing, is deur die werwelstorm beskadig. ‘n Deel van die dak het meegegee en bome is ontwortel, volgens ‘n woordvoerder van die hospitaal, Steve Mabona.

Hael na afloop van die werwelstorm.
Hael na afloop van die werwelstorm.

Die 20 beseerdes is vanaf die winkelsentrum na die hospitaal gebring, waar die werwelstorm ook die heining, motorafdakke en 20 voertuie beskadig het.

“Gelukkig is geen pasiënt of werknemer beseer as gevolg daarvan nie,” sê Mabona. “Die hospitaal kyk reeds na die mense wat beseer is toe die Phumlani Mall in Tembisa verwoes is, en omtrent 20 mense is na die hospitaal oorgeplaas.”

‘n Hewige haelstorm het ook tydens die tornado gewoed.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.