Wenke vir nat paaie en vloedwaters

Deel op

‘n Paar wenke om Praag-bestuurders veilig te hou as ‘n swaar bui uitsak:

Verminder spoed! Pas spoed en volgafstand aan. Dit moet minstens ses sekondes van die motor voor wees. Maak seker die volgafstand is groot genoeg om gemaklik tot stilstand te kom.

Skakel altyd die hoofligte van jou voertuig aan in nat weer asook helderder misligte agter vir beter sigbaarheid.

Bewolkte weer en reën beteken swak sig. Wees veral versigtig wanneer jy verbysteek, en onthou nie alle bestuurders gaan onthou om hul hoofligte aan te skakel nie.

Maak seker dat jou ruitveërs in ‘n goeie toestand is en behoorlik skoonvee.

Moenie dat die binnekant van die vensters van jou motor opwasem nie. Dit belemmer veral sigbaarheid. Skakel die vensterverhitter aan en sommer die lugversorging ook sodat die lug binne uitdroog. In hardnekkige gevalle kan ‘n venster op ‘n skrefie oopgedaai word.

Gaan die loopvlak van jou bande na. Die wetlike minimum is 1mm maar ter wille van veiligheid maak seker dis meer.

Verslete skok-absorbeerders hou nie die rubber op die padoppervlak nie. Geen kontak = geen ABS = geen greep = beperkte remkrag.

Vermy skielike versnelling, gerem en stuurbewegings wat kan lei tot ‘n gegly en verlies van beheer.

Moenie deur baie diep water ry nie. Dit kan jou motor beskadig en moontlik jou jou lewe kos.

As jy het geen ander keuse het as om deur dieperige water te ry nie, ry dan stadig in ‘n lae rat, en hou die stuurwiel bestendig.

‘n Rit in swaar reën beteken jy moet jou remme toelaat om droog te word, veral as jou voertuig dromremme het.

Indien jou ryding onklaar raak, skakel die noodligte aan en probeer om heeltemal van die pad af te beweeg. As dit moontlik is, gebruik ‘n reflektiewe waarskuwingsdriehoek ‘n entjie agter jou voertuig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.