Demokrate se byeenkoms in chaos gehul

Deel op

Die Amerikaanse Demokratiese Party is in chaos gehul, op die vooraand van hul byeenkoms.

Nadat Wikileaks e-posboodskappe laat uitlek het wat daarop dui dat die party se nasionale voorsitter, Debbie Wasserman Schultz (foto bo), stemmery beïnvloed het namens Hillary Clinton, moes Wasserman Schultz uittree.

Die Demokrate se nasionale komitee het senator Bernie Sanders intussen om verskoning gevra nadat die e-posboodskappe wat uitgelek het, aangedui het dat hulle sy presidensiële veldtog ondermyn het.

In ‘n verklaring sê die komitee dat die aanmerkings in van die e-posse onverskoonbaar is.

Daarin word bespiegel dat Sanders, wat homself as ‘n gelowige Jood voordoen, eintlik ‘n ateïs is en dat dit teen hom gebruik behoort te word om Christenkiesers te swaai.

Dit het meegebring dat die aanvang van die Demokratiese Party se konvensie in Philadelphia in chaos begin het, met die voorsitter wat skielik van die toneel verdwyn het en geen media-navrae neem nie.

Die afgevaardigdes het die party se voorsitter uitgejou.

Die komitee sê die e-posse wat deur WikiLeaks uitgelek het, weerspieël nie die komitee se onderneming vir neutraliteit met die benoemingsproses nie.

Intussen het Julian Assange van Wikileaks gesê hulle gaan nog inligting vrystel wat Hillary se leuens oor haar eposbedrywighede gaan ontbloot.

Die FBI het reeds aangedui dat hulle Clinton nie gaan vervolg omdat sy staatsgeheime op haar privaatbediener gehou het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.