Kinderpornograaf se saak uitgestel

Deel op

‘n Drie-en-veertig-jarige man wat teregstaan op 935 aanklagte – wat verkragting van minderjariges, kinderpornografie en seksuele aanranding insluit – se saak is in die Bloemfonteinse Hooggeregshof uitgestel.

Die Vrystaatse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê die saak is uitgestel tot 1 Augustus.

Die verdagte, ‘n man van Johannesburg wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, se verhoor sou na bewering die week begin. Die verhoor vind in kamera plaas.

Die man is in 2014 in hegtenis geneem vir die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie. Tydens verdere ondersoek is 19 beweerde slagoffers tussen die ouderdom van 10 en 13 jaar geïdentifiseer.

Die verdagte se bedrywighede is oorspronklik deur die owerhede in Australië en Kanada oopgevlek. Die Suid-Afrikaanse polisie is hiervan in kennis gestel.

Verdere ondersoek het die polisie na ‘n woonadres in Sasolburg in die Vrystaat gelei. Die verdagte is in aanhouding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.