Mugabe se einde: Etniese konflik wat oorspoel na SA

Deel op

Vrees vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe is besig om te verdamp nadat sy mees lojale ondersteuners, die veterane van die terreuroorlog, besluit het om hul steun te onttrek van sy party, die Zanu-PF.

‘n Groeiende aantal oorlogsveterane eis dat Mugabe, 92, ‘n “diktator”, uittree en sê hulle sal hom nie ondersteun in die volgende verkiesing in 2018 nie.

Mugabe het voorheen die veterane se lojaliteit gekoop deur wittes se eiendom aan hulle te oorhandig en Afrikanerboere te vermoor.

Nou staar Mugabe ‘n eindspel in die gesig, met Sjonas en Ndebeles wat vir mekaar tande wys omdat daar geen wit boere meer oor is om te blameer nie.

Ook in Suid-Afrika is die twee groepe selfs besig om mekaar in die middestad van Johannesburg die stryd aan te sê.

Die Ndebeles, die eerste aankomelinge uit Zim, word nou gemarginaliseer deur die ANC in Gauteng, terwyl Sjonas wat na Suid-Afrika stroom ter wille van oorlewing, ‘n anti-wit ideologiese voordeel het.

Die etniese spanning tussen Sjonas wat Mugabe-aanhangers is, en Ndebeles wat aanvoel dat hul onderdrukker nie meer lank het om te leef nie, het reeds tot herhaaldelike konflik tussen die twee groepe gelei.

“As die oorlogsveterane kragte saamsnoer met die nasionale versetbeweging gedryf deur burgerlike groepe en gerugsteun deur kerke en opposisiepartye, is Mugabe, wat reeds op die toue is en hang aan die krag van [sy] naels, dit binnekort sy Waterloo,” het The Independent, se redakteur Dumisani Muleya Vrydag gesê.

Groeiende protes teen die regering word aangevuur deur ‘n ernstige ekonomiese krisis, insluitend ‘n gebrek aan kontant, selfs om soldate te betaal. Hulle is gewoonlik die eerste wat betaal moet word.

Die regerende Zanu-PF het die oorlogsveterane skerp gekritiseer en hulle “verraderlikes” genoem wat “verraad pleeg”.

Vise-president Emmerson Mnangagwa, wat ook ‘n oudstryder is, het gesê die president is hul bevelvoerder en “egte” veterane moet lojaal wees en bly.

Die oorlogsveterane se leier Chris Mutsvangwa is in Maart geskors uit Zanu-PF omdat hy Mugabe se vrou Grace, wat ambisies het om Mugabe op te volg wanneer hy sterf, teëgegaan het.

‘n Voormalige vise-president Joice Mujuru, ook ‘n veteraan van die terreuroorlog, het oor die naweek gesê oorlogsveterane hoef nie dreigemente te vrees dat “hulle” plase sal teruggeneem word nie.

Mujuru, ‘n lewenslange lid van Zanu-PF, is gestroop van haar posisie en geskors uit die party in 2014, nadat sy haar belangstelling verklaar het om Mugabe op te volg. Die aanval op haar is gelei ook deur ondersteuners van Grace Mugabe.

Nog ‘n oorlogsveteraan Rugare Gumbo, ‘n voormalige Zanu-PF-woordvoerder is eweneens geskors uit Zanu-PF in 2014 en nou ‘n ondersteuner van Mujuru se party.

Gumbo het gister gesê: “Die verklaring is uitgereik deur egte oorlogsveterane. Hulle was in Mosambiek. Ons het geweet hulle is daar. Hulle het geveg in die oorlog, en die situasie in Zimbabwe is nou baie swak. So baie ly. Die kritiek was korrek. Jy sal sien al hoe meer van hulle kritiseer Mugabe.”

Die geld probleem is te groot vir hom [Mugabe] om te oorleef, want daar is ‘n volledige verlies aan lewensbestaan ​​en die regering het geen beheer oor die geldeenheid wat hulle gebruik, die Amerikaanse dollar nie. Geen opbloei van nasionalistiese retoriek sal meer werk vir Mugabe nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.