Kovsies appelleer teen pro-Afrikaanse uitspraak

Die Universiteit van die Vrystaat het besluit om teen die pro-Afrikaanse uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein te appelleer. Dié besluit is binne 24 uur nadat die uitspraak gelewer is deur die universiteit bekendgemaak.

In ‘n verklaring deur Lacea Loader (Direkteur: Kommunikasie en Handelsmerkbestuur) van die universiteit, word die volgende gesê:

Die uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof op 21 Julie 2016, wat ’n aansoek van AfriForum en Solidariteit handhaaf om die besluite van die Raad en Senaat van die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor die nuwe Taalbeleid te hersien, is in opdrag van die universiteit se prokureurs vir eksterne advies deur senior en junior advokate verwys.

Die advies is dat die uitspraak van die Hoë Hof, met respek, foutief is met betrekking tot regsbeginsels en feitelike kwessies, wat albei grondliggend en verreikend is.

Die UV sal volgens hierdie omstandighede aansoek doen om in die Hoogste Hof van Appèl teen die uitspraak te appelleer.

Die swart studenteraadsvoorsitter van Kovsies het na afloop van die uitspraak Donderdag gesê dat hy “verwag dat die universiteit alles in sy vermoë moet doen om van Afrikaans ontslae te raak”.

Lees ook:

PRAAG verwelkom uitspraak van Vrystaatse Hooggeregshof oor Afrikaans aan die UV

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.