Ted Cruz maak ‘n gek van homself by Trump se benoeming

Deel op

‘n Voormalige aanspraakmaker op die Repu­blikeinse Party in Amerika se nominasie as presidentskandidaat, Ted Cruz, het hom Woensdag die argwaan van afgevaardigdes na die nasionale konvensie op die hals gehaal, toe hy verseg het om Donald Trump te ondersteun.

Die afloop van die gejou was egter ‘n hoogtepunt van die aand nadat die visepresidentskandidaat, Mike Pence, daarna as ‘n versoenende faktor in die kollig getree het.

Cruz het midde ’n staande applous op die verhoog in Cleveland opgestap en die gehoor verveel met gemeenplase totdat hy afgevaardigdes aangeraai het om “met hul gewete” te stem sonder om Trump se naam te noem.

“Stem vir kandidate op die stembrief wat jy vertrou om ons vryheid te verdedig en wat getrou aan die grondwet sal wees,” het hy gesê.

boecruz

Die gehoor het hierop begin om hom luidkeels uit te jou en gedreunsing “Endorse Trump!” Cruz het daarmee finaal sy politieke loopbaan beëindig en hy en sy vrou, Heidi, ‘n werknemer van Goldman Sachs, moes haastig die saal verlaat.

Goewerneur Chris Christie het by die Konvensie gesê Cruz het vroeër in sy teenwoordigheid plegtig belowe om Trump te steun deur ‘n onderneming te teken.

Christie sê hy is geskok dat iemand hul woord so maklik kan breek en dat sulke optrede politici ‘n slegte naam gee.

Trump het Cruz tydens veldtogvoering “Lyin’ Ted” genoem.

Kort daarna het Pence die gehoor onder luide toejuiging verenig. “Wat ons verenig, is baie meer as enige iets wat ons skei,” het hy gesê.

Melania Trump se toespraak Maandag, waarin dele uit Michelle Obama se toespraak agt jaar gelede aangehaal is, was weer in die kalklig.

‘n Toespraakskrywer het om verskoning gevra en aangebied om te bedank, maar Trump wou haar bedanking nie aanvaar nie.

Trump het die benoeming van die Republikeinse party tydens die party se nasionale konvensie in Cleveland Ohio Donderdagaand aanvaar.

Trump is nou amptelik die party se kandidaat vir die presidentsverkiesing op 8 November.

In sy aanvaardingstoespraak het Trump homself verklaar as ‘n vriend van die werkersklas.

Hy het sy Demokratiese teenstaander, Hillary Clinton daarvan beskuldig dat sy ‘n spoor van dood, vernietiging en terreur agtergelaat het toe sy minister van buitelandse sake was.

Trump se toespraak het die vierdaagse konvensie afgesluit. Hy het uit die vuis gepraat en herhaal dat hy die muur gaan bou om Meksikaanse dwelmbendes en ongewensde immigrante uit die VSA te hou.

Hy het die gehoor aan sy voete gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.