Drie rylopers in Oos-Kaap doodgeskiet

Deel op

Verkiesingsgeweld het moontlik na die Oos-Kaap uitgebrei, nadat verskeie kandidate in die opkomende munisipale verkiesing reeds in KwaZulu Natal vermoor is.

Minstens drie mense is op Mthatha in die Oos-Kaap dood en nog 15 gewond toe gewapende aanvallers op taxipendelaars losgebrand het.

Dit was ‘n verbyryskietery, wat dalk verband kan hou met die verkiesing. Die DA hoop om die Nelson Mandela metro in te palm waar bendegeweld tans hoogty vier.

Die polisie ondersoek die voorvalle. Die drie wat doodgeskiet is, was glo rylopers.

Die VF+ het intussen ‘n klag gelê by die Onafhanklike Verkiesingskommissie teen die DA vir valse reklame omdat hulle kiesers mislei.

Intussen gaan die KwaZulu-Natalse regering en die ministerie van Polisie gaan ‘n kommissie van ondersoek aanstel om die oorsaak van die politieke moorde in dié provinsie te ondersoek.

Meer as tien ANC-lede en burgemeesterskandidate is in die aanloop tot aanstaande maand se plaaslike verkiesing vermoor.

Die premier, Willies Mchunu, sê dringende ingryping is nodig om te keer dat die geweld verder uitbrei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.