Duisende in SA doen aansoek om spesiale stemme

Deel op

Duisende Suid-Afrikaanse kiesers in drie provinsies het reeds by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aansoek gedoen om spesiale stemme uit te bring tydens die 2016 Munisipale Verkiesing.

Meer as 55 700 aansoeke is die Vrystaat ontvang terwyl meer as 67 000 kiesers in Noordwes en meer as 56 000 in Noord-Kaap aansoek gedoen het.

Die OVK het Donderdag aangedui dat altesaam 740 000 aansoeke om spesiale stemme landswyd ontvang is. Net meer as 719 000 regoor die land is aanvaar.

Dié kiesers gaan hulle kruisies oor twee dae – vanaf 1 tot 2 Augustus – kan maak. Die stembus sal, anders as op stemdag 3 Augustus, vanaf 8-uur die oggend tot 5-uur die middag op dié twee dae oop wees.

Dokters, lede van Suid-Afrikaanse Polisiediens, nooddienste en gestremde kiesers kom in aanmerking vir spesiale stemme.

Die keuse van partye by die stembus in Suid-Afrika is wissel tussen pro-swart en anti-wit, wat byna alle Afrikaners uit die politieke proses uitsluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.