Brittanje en Duitsland vra einde van NAVO-uitbreiding, dialoog met Rusland

Washington moes uiters verlig gewees het toe sy moslemvennoot en ‘n kritiese komponent in die NAVO-sekuriteitsopset, Turkye, daarin geslaag het om die staatsgreep verlede week af te weer.

Die VSA sou deur Amerikaanse wetgewing noodgedwonge sy militêre magte uit Turkye moes onttrek, insluitende sy vegvliegtuie by die Incirlik-lugbasis wat dien as ‘n kritieke nodus vir sendings in Sirië, Irak en Afghanistan.

Die Verenigde State van Amerika word verbied om militêre hulp te bied of gestasioneerde troepe in enige land te hou wat onder beheer van ‘n militêre junta staan.

Die Weste staan nietemin steeds voor ‘n kommerwekkende besluit, met President Erdogan wat na verwagting as ‘n ondemokratiese leierskapsfiguur vordering sal maak ter wille van sy eie behoud.

Die EU asook die VSA sal uiteindelik hul nasionale strategieë moet aanpas om voorsiening te maak vir hierdie oorgang.

Die retoriek teen Rusland en oproepe om troepe op die grens van Rusland te ontplooi, is dus nog een van die kwessies wat aan bod gaan kom.

Duitsland en Brittanje het nou die handrem opgetrek vir die voortsnellende en ondeurdagte uitbreiding van die Verdragsorganisasie.

Franse, Italiaanse, Bulgaarse en Griekse leierskappe het hulself ook van die koorsige retoriek by die jongste NAVO-beraad in Warskou gedistansieer.

Almal van hulle sê dat hulle Rusland as ‘n vennoot eerder as ‘n vyand beskou.

Alhoewel Merkel voorspelbaar volhou met haar kil houding teenoor die Russe, maak haar SPD- en CSU-koalisievennote dit baie duidelik hulle nie saamstem met haar nie.

In ‘n lang Der Spiegel-artikel, suggereer Wolfgang Ischinger, ‘n SPD-lid, dat die Weste verbrou het.

Ischinger voel verplig om lang veroordelings van Russiese beleid en absurde stellings in te voeg as ‘n bevestiging van lojaliteit en waarsonder hy natuurlik geen hoop sou gehad het om gepubliseer te word nie.

Russiese skrywers wat deur die Sowjet-tydperk geleef het en Afrikaners wat nie die ANC/DA se kommuniste ophemel nie, sal vertroud wees met hierdie soort sensuur.

Die belangrike punt bly egter dat ‘n hoëvlakgesprek binne die Duitse regering plaasvind oor die twee belangrikste fondamente vir lidlandsamewerking, naamlik onafgebroke NAVO-uitbreiding na oos en die wenslikheid van die ontplooiing van strategiese lugafweermissiele.

In 2008 is Georgië en Oekraïne NAVO-lidmaatskap belowe, maar sonder enige vaste datum. ‘n Leë belofte? As dit so was, beteken dit dat NAVO verantwoordelikheid moet dra vir die feit dat beide lande de facto dele van hul grondgebied sedertdien afgestaan het.

Die Finse of Oostenrykse modelle van neutraliteit, ten einde die situasie polities en militêr te bestuur, en om hul ekonomiese verhouding met Rusland te normaliseer, sou baie meer sinvol gewees het.

Die oorhoofse beginsels van die Verdragsorganisasie, in die besonder dié van die vrye keuse van alliansies, sou daarmee gesneuwel het, met ‘n gepaardgaande verlies van Amerikaanse geloofwaardigheid, meen Ischinger.

Maar NAVO-uitbreiding het desnieteenstaande tot die huidige krisis in Europa gelei en tot ‘n beeldprobleem vir president Obama.

Terwyl NAVO-uitbreiding in Duitsland al lank met agterdog bejeën word, het Brexit Brittanje – die een Westerse land wat voorheen die mees uitgesproke ondersteuner was – in die Duitsers se kamp gejaag.

Die Britse parlement se verdedigingskomitee het onlangs ‘n lang verslag oor die stand van die Britse-Russiese verhoudings vrygestel met ‘n reeks aanbevelings wat niks anders as verrassend pro-Russies is nie.

Eerstens, doen die verslag dringend ‘n beroep vir ‘n hervatting van ‘n hoëvlak politieke dialoog en spreek ontsteltenis uit dat dit nog nie gebeur het nie.

In die tweede plek, is die verslag onthuts oor die nypende gebrek aan gekwalifiseerde kenners wat die Britse regering adviseer.

Veel meer belangrik is egter wat die Komitee sê oor die gevare van die ondermyning van die geloofwaardigheid van Artikel 5.

Dié artikel is ‘n waarborg dat ‘n potensiële teenstander met die volle mag van die alliansie sal moet reken indien een lidland bedreig word, maar die alliansie het reeds getoon dit nie bereid is om lande soos Georgië en die Oekraïene te verdedig nie.

Die verslag is nie bedoel vir ‘n wye leserspubliek nie. In teenstelling met die artikel in Der Spiegel is dit dus deel van ‘n interne beleidsdialoog.

Nietemin is dit opvallend dat daar in twee voorste lande – Duitsland en Brittanje – oproepe vir dialoog met Rusland opklink.

Die verskille binne NAVO is nog lank nie bygelê, maar die Neocon-agenda van uitbreiding en konfrontasie met Rusland is nou uiteindelik uitgedaag deur die Europese elite.

Dit blyk dat ongeag die uitslag van die verkiesing in die VSA in November, NAVO se uitbreidingsplanne na oos iets van die verlede kan wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Guest

    Putin warned Erdogan: http://tass.ru/en/world/889638

  • Karel Combrinck

    ‘n Mens kry die gevoel dat op meer en meer terreine ‘n grondverskuiwing in Europa aan die gang is. Geleidelik begin die absurditeit van die vyandigheid teenoor Rusland wat in Europa artifisiëel aangestig is deur handlangers van die VSA tot die Europese bevolking deurskemer. ‘n Meer ontspanne verhouding met Rusland en ‘n minder militante en imperialistiese houding van die VSA kan die hele mensdom net ten goede te strek. Kom ons hoop mnr Trump sien dit ook so.

  • JESSEJAMES

    Nogal ironies dat die westerse NATO lande wat geografies naby aan Rusland is nou gougou jammergat word nadat Rusland verban is om aan die Olimpiese spele deel te neem.

    • Rutger

      Hulle kan nie toelaat dat die Russe daar wen nie. Dit was al by die Winterspele duidelik dat dit gaan gebeur. In elk geval is die Russe seker bly hulle gaan nie opgeblaas word of Zika optel nie.

    • G

      Wie gaan nou nog kyk hoe swartes hardloop in Rio? Ander swartes.

  • Renier Gouws

    NATO het Iran as n verskoning gebruik om missiele in Europa te sit, maar nou dat Iran uitgesort is gaan hulle nog steeds voort met hulle planne. Putin weet dat Iran slegs n verskoning is en hy waarsku dat as NATO voortgaan met hierdie aksies, hulle vir Rusland geen ander opsie gaan los as om hulle atoom arsenaal te gebruik nie.

    Ons was nog nooit nader aan die 3de wereld oorlog as nou nie. Soos Putin hieronder se, hy weet dat NATO lieg oor die doelwit van die missiele. NATO weet dat Putin weet hulle lieg, maar hulle dink hy bluf. Persoonlik dink ek nie hy bluf nie en dat die beheerders van NATO klinies kens is.

    https://www.youtube.com/watch?v=8PgSX-WD96Q