Moslemsokkerspan rand drie jong meisies in Swede aan

Een van die sokkerspanne in die Gothiajeugbeker in Swede, onder leiding van sy 35-jarige afrigter, het Sweedse tienermeisies seksueel aangerand.

Die ma van een van die drie weerlose meisies het aan die media vertel dat haar dogter en haar twee metgeselle tydens die toernooi se openingseremonie omring deur ‘n groep van 30 tot 40 Moslemtieners en ‘n volwassene man buite die Ullevi-stadion.

Die groep het nader beweeg en die meisies begin betas. Hulle het probeer om hul hande onder die dogters klere te kry. Hulle het ook die jong tieners vasgegryp en gesoen.

Haar jong dogter vertel dat die volwasse man se tong in haar mond was, sê die moeder.

Die volwasse man, wat 35 jaar oud is en, volgens die aanklaer, die leier van die bende is wat die meisies aangerand het, is in hegtenis geneem vir seksuele aanranding.

Fria Tider het beide die polisiewoordvoerder en die hoofaanklaer gevra waar die man vandaan kom – maar sonder resultate.

‘n Polisieman, Peter “Peppe” Larsson, sê dit was ‘n span uit Noord-Afrika.

“Sien geen rede waarom die waarheid vir ernstige misbruik verduister moet word nie,” skryf Larsson op Twitter.

Dit is nog nie duidelik of die span van Marokko en die betrokke afrigter steeds sal deelneem aan die jeugtoernooi nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.