Turkse staat verswak na spioene die trekpas kry

Deel op

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan het ‘n noodtoestand van drie maande afgekondig na verlede week se mislukte militêre staatsgreep, maar kritici waarsku dat sulke maatreëls Turkye duur te staan kan kom.

Erdogan sê die maatreëls sal owerhede toelaat om vinnig en doeltreffend op te tree teen diegene wat vir die opstand verantwoordelik was, maar dit lyk al hoe meer na ‘n suiweringsveldtog teen sy opposisie.

Die noodtoestand beteken dat die president nie die toestemming van die parlement nodig het om nuwe wetgewing goed te keur nie.

Turke se regte en vryhede kan nou na willekeur ingeperk of opskort word indien die regering dit nodig ag.

Die ministerie van onderwys het 15.200 onderwysers en werkers in die onderwys geskors.

Die lisensies van 21.000 onderwyser by private skole is ook herroep.

Die Hoër Onderwys Kommissie het 1577 Universiteitsdekane gevra om te bedank.

Die Direktoraat van godsdienstige sake het 492 personeellede afgedank, insluitende imams en moeftis en die Turkse premier het 257 van sy personeellede afgedank.

Die Turkse geheime diens M.I.T het sowat 130 van sy spioene die trekpas gegee.

Meer as 600 skole is gesluit.

Dit beteken dat Erdogan reeds van sowat 60.000 soldate, polisiebeamptes, regters, onderwysers en staatsdienswerkers ontslae geraak het, geskors of afgedank het en die res word tans ondersoek.

Die meeste van hierdie mense het niks te doen gehad met die mislukte staatsgreep teen die regering nie.

Die verlies van kennis en ervaring sal die funksionering van die Turkse staat en sy veiligheidsdienste ernstig knou sê ontleders.

Erdogan gebruik sy huidige gewildheid om Turkye na sy beeld te verander, maar beskuldig steeds ‘n uitgeweke moslemleier, Fethullah Gülen daarvan dat hy die staatsgreep beplan het.

Gulen ontken dat hy betrokke was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.