Vloede tref Beijing

Deel op

Vloede wat veroorsaak is deur onafgebroke swaar reën het wydverspreide ontwrigting in die Chinese hoofstad, Beijing, veroorsaak.

Dit het tot gevol gehad dat honderde vlugte gekanselleer is en sommige moltreinstasies gesluit moes word.

Beijing se humiede somermaande word dikwels deur swaar reënstorms gekenmerk en in 2012 is 37 mense in die storms dood.

Die Beijing se stadsowerhede het ‘n oranje waarskuwing uitgereik, die tweede hoogste in China se viervlak-waarskuwingstelsel en het inwoners gemaan dat dit oornag kon voortduur met neerslae wat plek-plek tot 100 mm kan val.

Meer as 200 vlugte van Beijing se hooflughawe af is gekanselleer.

Groot dele van Sentraal- en Oos-China is vanjaar deur swaar reën getref met meer as 200 mense wat reeds gesterf het.

Sedert Maandag is 13 mense dood en word 62 vermis vanweë die reën in die noordelike en noordwestelike dele van die land, berig die nuusagentskap Xinhua.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.