Snerpende koue oor binneland verwag, swaar reën vir Kaap

Deel op

Vrystaters en Gautengers kan van vroeg aanstaande week snerpende koue verwag.

‘n Weerstelsel gaan van Maandag af tot gevolg hê dat die kwik in die binneland skerp gaan daal en die kwik gaan net-net tot meer as 14 grade styg.

Die Weerdiens sê dit gaan van Maandag tot minstens Woensdag toe besonder koud in die Vrystaat en Gauteng wees en sneeu word oor dele van die Vrystaat verwag.

Kapenaars kan hulself al van vandag af op koue en nat weerstoestande voorberei.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat swaar reën en stormsterk winde vandag in gedeeltes van die Wes-Kaap sal voorkom.

Kaapstad, Paarl, Grabouw en Ceres kan swaar reën van vanmiddag tot laataand verwag. Oorstromings kan ook voorkom.

Sterk winde sal in Worcester, Laingsburg en Prins Albert waai, terwyl veldbrande in Prins Albert en George kan voorkom.

Die reën sal tot Saterdag voortduur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.