Toegangsroetes na Riverlea in Johannesburg is gesluit na oproer wat glo oor elektrisiteitvoorsiening en behuising voorkom.
Mainreef- en Commandoweg in Riverlea is na openbare geweld gesluit en ‘n uitgebreide polisieteenwoordigheid is in die ontplooi.
Oproeriges bestook motoriste met klippe en brand motorbande.
Die inwoners van die Zamimpilo-plakkerskamp is ontevrede oor ‘n gebrek aan huise.
Hulle sê die Johannesburgse metroraad het belowe om hulle te skuif na ‘n behuisingsprojek, maar dit het nie gebeur nie.
Inwoners is ook ontsteld oor ‘n gebrek aan elektrisiteit.