Plaasaanvallers van Clocolan vlug na Lesotho

Deel op

Die polisie in die Vrystaat soek steeds na sewe swart aanvallers wat ‘n boer van die Clocolan-distrik en sy gesin in hul plaashuis vasgebind en beroof het.

Vier rowers, waarvan twee gewapen was, het Carl du Randt, sy vrou, Lydia, en hul agtjarige seun, Carl, Sondag omstreeks 18:00 in hul motorhuis ingewag, het OFM berig.

Die aanvallers het ’n wapen op Du Randt gerig en sy hande met polisieboeie agter sy rug vasgemaak. Die swart booswigte, waarvan drie klapmusse aangehad het, het geld geëis. Du Rant is gedwing om die kluis in die egpaar se slaapkamer oop te maak.

Geld en ‘n jaggeweer is gebuit. Die gesin is in die studeerkamer vasgebind, waarna die vier aanvallers en drie van hul makkers wat buite gewag het, huisware op Du Rant se bakkie gelaai en weggejaag het.

Du Randt sê hy het die hele tyd kalm gebly en gedoen wat hulle van hom vra.

“‘n Mens word onkant gevang en kan nie 24-uur per dag daarop voorbereid wees nie, maar dit is belangrik om kalm te bly,” sê Du Randt.

Carl Jr. kon homself loswikkel en het op ‘n tweerigtingradio hulp ontbied. Van die Du Randt’s se bure het die aanvallers agternagesit.

Du Randt sê die boere was kort op die gespuis se hakke, waarna hulle van die bakkie afgespring het en weggehardloop het.

Die aanvallers het vermoedelik deur ‘n leë Caledonrivier na Lesotho ontsnap. Al die gesteelde goedere is teruggevind behalwe die geld.

Die polisie werk glo nou saam met owerhede in Lesotho om die aanvallers te soek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.