Neusie verby vir anti-Trump-faksie in Cleveland

Deel op

Die Republikeinse party sal vandeesweek sy eienaardige ver­houding met Donald Trump beter kan omskryf wanneer die party se nasionale ­konvensie in Cleveland plaasvind.

Daar is steeds die #NeverTrump-­faksie binne die GOP wat hoop om die verloop van die geskiedenis te ­verander, maar hul kanse om dit te vermag is nou naby aan nul.

Daar was ‘n oomblik in die arena gistermiddag toe die voorsittende beampte ‘n poging deur anti-Trump afgevaardigdes geïgnoreer het om die aannemingsproses te ontspoor. Die beweging het klaaglik misluk.

Heelwat Joodse partylede gaan vol twyfel oor die wenslikheid van Trump as ­presidentskandidaat na die konvensie en het planne beraam om van hom ontslae te raak.

Die aangewese genomineerde is ­egter onvoorspelbaar en geneig om vir aangename verrassings te sorg.

Omdat Trump oor sy eie fondse beskik, raak hy ‘n kopseer vir diegene wat hom probeer omkoop om ‘n sekere agenda na te volg.

Betaalde betogers sal ook in volle mag na die konvensie opruk om dit te probeer ontwrig en dalk soos voorheen ook deelnemers te intimideer en aan te rand.

Melania Trump het onder skoot gekom omdat sy glo Michelle Obama se vroeëre toespraak geplagiariseer het.

Die gewilde Nederlandse politikus Geert Wilders is ook by die Trump-byeenkoms in Cleveland opgemerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.