SABC dank vier joernaliste af

Deel op

Die SABC het vier wederstrewige joernaliste afgedank wat nie by die redaksionele beleid wou hou nie.

Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, sê die aangeleentheid is ‘n arbeidskwessie.

Foeta Krige, Krivani Pillay, Suna Venter en Jacques Steenkamp is Maandagaand deur die openbare uitsaaier “summier” in die pad gesteek.

Hulle is per brief deur die SABC se hoofbestuurder vir radionuus- en aktualiteit in kennis gestel dat hulle die trekpas gekry het.

Hulle is ook aangeraai om die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te nader oor die afdanking.

Onder die vurige ANC-ondersteuner Krige se aanvoering, het Montitor en Spektrum onverdunde NeoCon-propaganda oor “regime-verandering” in Sirië versprei.

Versoeke om ‘n meer gebalanseerde beeld van die inval te gee, het destyds op dowe ore geval.

Die gety het egter gedraai nadat die Russe se lugveldtog toegesien het dat ISIS-terroriste – die sogenaamde “rebelle” (foto hierbo waar ‘n ISIS-soldaat Siriese gevangenes dreig) – uit hul vestings verdryf word.

Die DA het “geskok en ontsteld” op die afdanking gereageer.

Lede van die party beplan om vandag buite die parlement te betoog.

Die DA se woordvoerder, Phumzile van Damme sê ‘n memorandum sal by die ANC se kantore sowel as dié van die minister van kommunikasie, Faith Muhambi ingedien word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.