Bylaanvaller op Duitse trein skree ‘Allahu Akbar’

Deel op

Die Duitse polisie het ‘n 17-jarige Afghaanse Moslem Maandag doodgeskiet nadat hy treinpassasiers met ‘n byl doodgekap het.

Hy het vier mense ernstig gewond in wat Duitse amptenare ‘n “waarskynlike” Islamitiese aanval noem.

Verskeie ander mense is ook beseer in die aanval op ‘n plaaslike trein naby die suidelike stad van Wuerzburg, het die polisie gesê, en bygevoeg dat die tiener dood is terwyl hy probeer vlug het.

Joachim Herrmann, die minister van binnelandse sake van Beiere, het gesê die aanvaller het as ‘n onbegeleide minderjarige in Duitsland aangekom en het aanvanklik in ‘n migranteskuiling gewoon en meer onlangs saam met ‘n pleeggesin in die nabygeleë Ochsenfurt.

“Dit is baie waarskynlik dat dit ‘n Islamitiese aanval was,” het ‘n woordvoerder gesê en bygevoeg dat die aanvaller “Allahu Akbar” geskree het.

Maar hy het beklemtoon dat die ondersoek aan die gang is en dat die tiener klaarblyklik “alleen opgetree het”. Dit is egter onwaarskynlik aangesien tereuraanvalle in Europa merkbaar toeneem.

Passasiers het die aanval beskryf as “soos by die slagpale”. Die jihadis het omstreeks 21:15 op die trein, wat tussen Treuchlingen en Wuerzburg in Beiere loop, toegeslaan.

Vier mense is ernstig beseer en een ander lig beseer. Veertien mense is vir skok behandel.

‘n Ooggetuie wat langs die stasie woon het aan die DPA-nuusagentskap vertel dat die treinwa met sowat 25 mense, “soos ‘n slagpale” ná die aanval gelyk het, met bloed oral op die vloer.

Die man, wat geweier het om sy naam te gee, het gesê hy het mense sien kruip uit die treinwa om ‘n noodhulpkissie te vra.

Hermann het later gesê dat die tiener geskiet is toe hy die polisie aangeval het terwyl hy probeer het om van die toneel te ontsnap.

Duitsland het tot dusver nie die soort grootskaalse jihadistiese aanvalle beleef soos in die suidelike Franse stad Nice verlede week nie, waarin die 31-jarige Mohamed Lahouaiej Bouhlel met ‘n vragmotor in mense geploeg het wat na Bastilledag se vuurwerkvertoning kom kyk het.

In Mei in Duitsland, het ‘n 27-jarige man, vermoedelik ook ‘n jihadis, ‘n mesaanval op ‘n plaaslike trein in die suide geloods, een persoon vermoor en drie ander beseer.

Hy het ook “Allahu Akbar” geskree. Hy word glo tans in ‘n psigiatriese hospitaal behandel.

Die reeks moorddadige voorvalle waarin sogenaamde “geestesversteurde” Moslems betrokke is, het so drasties toegeneem dat ‘n ander verklaring binnekort gevind sal moet word daarvoor.

Beiere word deur die Christen-Sosiale Unie (CSU) bestuur, die susterparty wat in ‘n koalisie met kanselier Angela Merkel se konserwatiewe Christen-Demokrate regeer.

Die CSU is besonder krities oor die verwelkomende houding van Merkel teenoor asielsoekers en dreig om die koalisie te verlaat wat reeds tot groot probleme vir Merkel se gewildheid gelei het.

Die party het ook steun verleen aan ‘n populêre regse party, Alternatiewe vir Duitsland, AfD, wat is gestig in 2013 teen Islam en Duitsland se vlugtelinginvloei.

Die AfD trek tans sowat 10 persent by die stembusse en is verteenwoordig in die helfte van Duitsland se 16 state asook in die Europese Parlement.

Merkel se gewildheid sal ongetwyfeld na die aanval in Beiere verder daal en die politieke spanning binne die regerende koalisie laat herleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.